Taalverwerwing

Het jy al gewens jy kan jou tong gemaklik om daardie Xhosa-klapklanke vou? Om ʼn derde taal magtig te wees gee jou nie net ʼn voorsprong in jou loopbaan nie, maar stel jou ook bloot aan ʼn ander kultuur en bied jou die geleentheid om met soveel méér mense te kommunikeer.

As jy nog altyd wou leer Xhosa praat, maar nog nooit daarvoor tyd gemaak het nie, is dít jou kans. Ons Masabelane ngesiXhosa-kursus is vir alle US-personeel beskikbaar.

In hierdie kursus sal jy onder andere leer:

  • Hoe om iemand te groet en jouself voor te stel
  • Hoe om iemand vir ete of ʼn drankie te nooi
  • Hoe om telefoonoproepe te maak of te beantwoord
  • Hoe om rigtingaanwysings op kampus en elders te gee
  • Hoe om by ʼn vulstasie hulp te vra

In 2018 word die Masabelane ngesiXhosa-kursus op die volgende datums aangebied:

  • 6 Februarie tot 14 Maart
  • 9 April tot 16 Mei
  • 24 Julie tot 3 September
  • 18 September tot 25 Oktober

Sluit by die gesprek in Xhosa aan! Die kursus word op Maandae en Woensdae gedurende die etensuur aangebied.

Indien jy meer oor die Masabelane ngesiXhosa-kursus wil weet, kontak gerus vir Grant Ngidi by 021 808 9097. Die grootte van die klasse word beperk om individuele aandag te verseker, so skryf nóú in om teleurstelling te voorkom. Ons kan ook pasgemaakte aanbiedings ontwikkel vir kliënte wat nie aan die Universiteit verbonde is nie.

Om ʼn nuwe taal aan te leer is ʼn opwindende uitdaging en is dalk glad nie so moeilik as wat jy dink nie!