FGGW-personeel wy hulleself toe aan die uitwissing van polio

'n Verbintenis-seremonie is onlangs gehou by die Tygerberg-hospitaal waar klinici en ander gesondheidspersoneel die "Polio Eradication Champion’s Pledge” onderteken het, waarin hulle hulleself verbind het daartoe om te verseker dat alle kinders teen polio ingeënt word, en om alle moontlike gevalle aan die relevante owerhede te rapporteer.
Die Departement van Pediatrie en Kindergesondheid by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en Tygerberg-hospitaal het hulleself toegewy aan die uitroeiing van polio. 
 
Polio is 'n aansteeklike virale siekte wat kan lei tot senuwee-skade, asook verlamming,  asemhalingsprobleme en selfs tot die dood. Danksy inenting, is geen bevestigde gevalle sedert 1989 in Suid-Afrika aangemeld nie. 
 
'n Verbintenis-seremonie is onlangs gehou by die Tygerberg-hospitaal waar klinici en ander gesondheidspersoneel die "Polio Eradication Champion’s Pledge” onderteken het, waarin hulle hulleself verbind het daartoe om te verseker dat alle kinders teen polio ingeënt word, en om alle moontlike gevalle aan die relevante owerhede te rapporteer. 
 
“Die Departement van Pediatrie en Kindergesondheid werk saam om wêreldwyd polio uit te roei,” het prof Mariana Kruger gesê. Sy staan aan die hoof van die departement.  
 
“Ek is dankbaar dat ek in die twee dekades wat ek geneeskunde praktiseer nog nooit 'n kind vir polio moes behandel nie,” het prof Helena Rabie, 'n spesialis in pediatriese aansteeklike siektes by die FGGW en die Tygerberg-hospitaal, gesê.  
 
“Die dood van ontelbare kinders is verhoed en vele gestremdhede is verhoed deur die inenting teen polio, en nou is ons naby daaraan om hierdie siekte uit te roei – 'n werklik historiese gebeurtenis in die menslike geskiedenis,” sê Rabie. 
 
“Ek is totaal verbonde daaraan om te help verseker dat elke kind ingeënt word sodat siekte, die dood en gestremdheid verhoed kan word, en om gevalle van pasiënte met akute slap verlamming aan te meld,” het Rabie gesê.  
 
Alle gevalle van verlamming of swakheid in die arms of bene (wat nie deur beserings veroorsaak is nie) in kinders jonger as 15 jaar, moet by die Provinisale CDC-EPI-kantoor aangemeld word by 021 483 3156/9917/6878/9964 of felencia.daniels@westerncape.gov.za of hlengani.mathema@westerncape.gov.za of charlenea.jacobs@westerncape.gov.za.  
FMHS Marketing & Communication / FGGW Bemarking & Kommunikasie