Karen Zoid het vandag die prystrekking vir R25 000 in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg 'n Woord-projek waargeneem. Zoid is die beskermvrou van Borg 'n Woord vir 2017.
Die WAT is vir 70% van sy jaarlikse begroting van R6 miljoen afhanklik van donasies en Borg 'n Woord is 'n belangrike komponent van sy jaarlikse fondsinsameling. Ankerdonateurs soos Sanlam, wat die prystrekking borg, help verseker dat die WAT 'n dinamiese en produktiewe maatskappy bly. Die WAT is die grootste projek ooit in belang van Afrikaans.

Subkategorieëe