Elektroniese WAT

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) het hom op 28 Maart 2003 by die toonaangewende woordeboeke in die wêreld soos die Oxford English Dictionary en die Woordenboek der Nederlandsche Taal aangesluit toe die Elektroniese WAT op die mark verskyn het. Die Elektroniese WAT word bygewerk soos 'n nuwe letter van die alfabet voltooi word. Dit is as 'n CD en op die internet beskikbaar.

Die Elektroniese WAT kan help, want die WAT wéét wat is wat. Dit bied: 

  • die mees omvattende weerspieëling van die Afrikaanse woordeskat
  • nagenoeg 210 000 trefwoorde en uitdrukkings
  • die verskillende variëteite van Afrikaans
  • woordeskat uit geskrewe én gesproke taal
  • inligting wat gebaseer is op werklike taalmateriaal in 'n databasis van miljoene optekeninge
  • 'n gebruikersvriendelike en effektiewe soekfasiliteit
  • 14 boekdele van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A-SKOOI) in digitale formaat
  • die ekwivalent van meer as 9 400 gedrukte bladsye
  • 'n kerntesourus van Afrikaans (Woordkeusegids)

Die minimum stelselvereistes om die produk te gebruik, is soos volg:

  • Windows XP Home, Windows XP Pro, Windows 2003 Server, Windows Vista, Windows 7, Windows 8/Pro/Enterprise) 32-bis of 64-bis
  • 500 MB spasie op hardeskyf-aandrywer
  • CD-ROM-aandrywer

Die volgende soorte inligting kan langs 'n kitsroete gevind word:
die lemma, woordsoort, etikette en etimologie.
Gevorderde soektogte, bv. na uitdrukkings en frases, kan ook uitgevoer word.
Bekendes het die volgende oor die Elektroniese WAT gesê: "Dit is 'n hulpmiddel waarsonder die skrywer nie kan klaarkom nie" (George Weideman).
"Het werkt als een trein. Heel erg goed" (Nicoline van der Sijs, een van die produktiefste woordeboekmakers in Europa).

Prys: R500 (BTW en verpakking ingesluit)
ISBN: 978-0-9814434-8-5

Klik hier vir die bestelvorm.