Die ganse WAT is op 'n selfoon beskikbaar. Verskeie gevorderde soektogte kan in 'n breukdeel van 'n sekonde uitgevoer word. In die lysie regs op die prentjie hieronder verskyn die ander artikels in die woordeboek waarin die woord wat jy opgesoek het, figureer, gewoonlik in die definisies van ander woorde.

Toegang tot die Elektroniese WAT kan op enigeen van drie maniere verkry word:

  • deur 'n rekenaar se webleser ("browser") by www.woordeboek.co.za;
  • deur 'n selfoon met internetkonnektiwiteit by http://sel.woordeboek.co.za;
  • deur 'n rekenaar se webleser ("browser") by http://sel.woordeboek.co.za, wat die selfoonweergawe op internet vertoon.

Toegang tot die Elektroniese WAT via jou selfoon beteken dus ook outomatiese toegang daartoe op jou rekenaar, en andersom, teen slegs R200 vir 12 maande! Klik hier vir die bestelvorm of betaal dadelik via PayFast:
Buy