100% Stellenbosch

Die eerste spesiale Eeufeesgebeurtenis, die 100% Stellenbosch-produksie, is van 23 tot 25 Februarie 2018 in oorleg met die US Woordfees aangebied. Die produksie is beskryf as “’n hele dorp op een verhoog” en het bestaan uit 100 Stellenbosch-inwoners wat volgens die statistiese profiel van die dorp gekies is. Hierdie inwoners het deur hul interaksie met mekaar op die verhoog vir die gehoor ’n vlugtige blik op hul lewens gegee.