2018 Graduerings

Die Eeufeesvieringe het in Desember 2018 met die gradueringsweek afgesluit. ’n Geleentheid is vir die eerste keer geskep vir die nuwe alumni en hulle familie en vriende om produkte met die instelling se handelsmerk te koop, soos die Universiteit se wyn, Eeufeesboek en klere by ’n opslaanwinkel in ’n tent reg langsaan die Coetzenburg-sentrum. Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge het in die gees van samewerking by die inisiatief aangesluit en ook die tent benut om ’n glasie sjampanje vir die gegradueerdes aan te bied.