2018-verwelkoming

Die Eeufeesjaar is amptelik ingelei met die verwelkoming van die nuwe eerstejaars op 25 Januarie 2018. Dit was die eerste gebeurtenis waar die Eeufeesverhaal oorgedra is, en ook die eerste geleentheid om die Eeufeeshandelsmerk in die openbaar by die Coetzenburg-stadion bekend te stel.

Nadat die Coetzenburg-stadion sy nuwe handelsmerk ontvang het, is ander geboue van die US uitgekies om die handelsmerk te dra, insluitend die ingang na die Neelsie-studentesentrum vanaf die Rooiplein. Hier is die Eeufeeshandelsmerk gekombineer met ’n foto van oudpresident Nelson Mandela wat geneem is toe hy die US in 1991 besoek het.