2018 Graduerings

Die Eeufeesvieringe het in Desember 2018 met die gradueringsweek afgesluit. ’n Geleentheid is vir die eerste keer geskep vir die nuwe alumni en hulle familie en vriende om produkte met die instelling se handelsmerk te koop, soos die Universiteit se wyn, Eeufeesboek en klere by ’n opslaanwinkel in ’n tent reg langsaan die Coetzenburg-sentrum. Die …

Lees meer ...

FFD-uitstalling

Die finale Eeufeesuitstalling by die US Museum, “Forward? Forward! Forward…”, het op 5 Desember 2018 geopen. Die uitstalling het daarin geslaag om ’n toekomsgerigte blik te gee en die Universiteit vir sy volgende 100 jaar te posisioneer. Samewerking vir die uitstalling met die Instituut vir Toekomsnavorsing was veral welkom en het gelei tot ’n publikasie …

Lees meer ...

Maties-fietstoer

In ons Eeufeesjaar het ’n span fietsryers van die US, insluitend die rektor en visekanselier prof Wim de Villiers, aan die Kaapstad-fietstoer deelgeneem om fondse vir studentebeurse in te samel. Prof De Villiers en ’n groep Maties het die jaar daarna weer die fietstoer voltooi, hierdie keer ten bate van #Move4Food, ’n veldtog wat aandag …

Lees meer ...

Dorp en Toga

As deel van die US se Eeufeesaktiwiteite, het die rektor en visekanselier, in oorleg met die kantoor van die uitvoerende burgemeester van Stellenbosch, vanaf 28 tot 30 November 2018 die Dorp en Toga-konferensie op die kampus aangebied. Die doel van die konferensie was om universiteite wat ’n beduidende deel van hulle stad/dorp uitmaak, bymekaar te …

Lees meer ...

Biblioteekgedenkmuur

Die US Biblioteek het op 27 Julie 2018 ’n Eeufeesuitstalling op ’n Gedenkmuur in die biblioteek bekendgestel en op dieselfde dag 95 van hulle huidige en afgetrede personeel by ’n skemerkelkie onthaal. Die uitstalling het ’n geïllustreerde blik op die US se verlede en hede gewerp onder die temas “Biblioteekdienste – toe en nou”, “Studentelewe …

Lees meer ...

100 artefakte

“100 artefakte vir 100 jaar” het op 31 Oktober 2018 by die US Museum geopen. Hierdie uitstalling was daarop gemik om die Universiteit se stories van die afgelope 100 jaar oor te dra. Items wat ten toon gestel is, het ’n Feldmeyer-yster ingesluit wat gebruik is toe die Universiteit nog ’n Departement van Huishoudkunde gehad …

Lees meer ...

Varsity-eindbeker

Die regstreeks uitgesaaide Varsity-eindbeker op 16 April 2018 was ’n uitstekende geleentheid om die Eeufeeshandelsmerk te bevorder. Elemente van die handelsmerk was duidelik sigbaar in die alumnitent, binne die stadion en op die veld. Die Maties-span het as 2018 se FNB Varsitybeker-kampioene koning gekraai.

Lees meer ...

Varsitybeker – Ikeys teen Maties

Die US het op 5 Maart 2018 munt geslaan uit die geleentheid wat geskep is deur die Varsitybekerwedstryd tussen die US en die Universiteit van Kaapstad (UK) om die 1918-totstandkoming van hierdie twee universiteite te herdenk. Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge het ook bygedra tot die prestige van die geleentheid deur voormalige Matie-Springbokke na die …

Lees meer ...

Eeufeesgaladinee

Die Eeufeesgaladinee is op 23 Maart 2018 gehou. Die keuse van Paul Roos Gimnasium as die ligging vir hierdie geleentheid was ’n erkenning van die 152-jarige verbintenis tussen Paul Roos en die US. Gaste het onder andere die Wes-Kaapse premier, me Helen Zille, die burgemeester van Stellenbosch, Raadslid Gesie van Deventer, rektore van internasionale universiteite, …

Lees meer ...

Woordfeesfamiliedag

Die Eeufeespretstap het op 3 Maart 2018 in ’n reflektiewe bui by die Ou Lückhoff Skool in Banghoekweg afgeskop. Dis as die beginpunt gekies om erkenning te gee aan inwoners wat tydens apartheid met geweld uit ‘Die Vlakte’ verwyder is. In Victoriastraat het studente van die Militêre Akademie en die orkes van die RSA Vloot …

Lees meer ...

Eeufeeskonsert

Die Eeufeestuiskomskonsert het op 2 Maart 2018 as deel van die US Woordfees plaasgevind. Die bywoners het ’n Eeufeesherdenkingsknopie as ’n memento van die aand ontvang. Die sterbelaaide opvoering het kunstenaars soos Laurika Rauch, Coenie de Villiers, Arno Carstens, Valiant Swart, Gloria Bosman, Tim Moloi, Mi Casa, die US Koor en Heavenly Quartez ingesluit.

Lees meer ...

Bekendstelling van die Eeufeesboek en Eeufeesuitstalling

Die US het op Donderdag 1 Maart 2018 amptelik sy Eeufeespublikasie, Universiteit Stellenbosch 100: 1918-2018, bekendgestel en die Eeufeesuitstalling by die US Argief op die Stellenbosch-kampus geopen. Klik hier om meer oor hierdie publikasie te wete te kom.

Lees meer ...

100% Stellenbosch

Die eerste spesiale Eeufeesgebeurtenis, die 100% Stellenbosch-produksie, is van 23 tot 25 Februarie 2018 in oorleg met die US Woordfees aangebied. Die produksie is beskryf as “’n hele dorp op een verhoog” en het bestaan uit 100 Stellenbosch-inwoners wat volgens die statistiese profiel van die dorp gekies is. Hierdie inwoners het deur hul interaksie met …

Lees meer ...

Eeufeeswyn

Die Universiteit Stellenbosch (US) het as deel van sy Eeufees ’n beperkte Pinotage bekendgestel. Slegs 2 200 bottels Eeufees Pinotage – die amptelike Eeufeeswyn – is deur die US se Welgevallen-kelder gebottel. Elke bottel is individueel genommer. Volgens Riaan Wassung, wynmaker by die Welgevallen-kelder, is die wyn van die beste Pinotage-wingerdstokke van Welgevallen gemaak en is dus …

Lees meer ...

2018-verwelkoming

Die Eeufeesjaar is amptelik ingelei met die verwelkoming van die nuwe eerstejaars op 25 Januarie 2018. Dit was die eerste gebeurtenis waar die Eeufeesverhaal oorgedra is, en ook die eerste geleentheid om die Eeufeeshandelsmerk in die openbaar by die Coetzenburg-stadion bekend te stel. Nadat die Coetzenburg-stadion sy nuwe handelsmerk ontvang het, is ander geboue van …

Lees meer ...

AgriWetenskappe vier ‘n eeu van onderrig en navorsing

Herdenkings bring herinneringe. Fakulteit Agriwetenskappe se eeufeesdinee by Spier het ons gedagtes teruggeneem na middagprakties op Welgevallen of ver uit die dorp met ‘n pikkie by ‘n grondprofiel, of in ‘n Landbou-ekonomieklas vol onsekerheid oor hoe prof. Kassier ons nou weer gaan uitdaag … Al die goed wat landboustudies so anders en opwindend maak, is …

Lees meer ...

100 Artefakte om US se storie te vertel

Ter herdenking van die Eeufeesjaar van die Universiteit Stellenbosch (US), bied die US Museum eersdaags ‘n uitstalling, 100 Artefakte, aan. Dié uitstalling wil op ‘n kreatiewe wyse stories van die Universiteit van die afgelope 100 jaar vertel. Prof Matilda Burden, Senior Kurator: Museumnavorsing, sê die items wat besigtig kan word het elk hul unieke storie …

Lees meer ...

Heerlike etes – en baie koek – om 100 trotse jare te herdenk

Om 100 te raak, regverdig ’n groot herdenking en die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG) wil graag hê studente moet aan die feestelikhede regoor die kampus deelneem. Om hierdie rede was daar op Vrydag 2 Maart spesiale maaltye ter herdenking van die Eeufees by al die Universiteit se koshuise. Die drie kosdiensverskaffers op kampus – Royal, …

Lees meer ...

Maties Rugby se geskiedkundige geskenk aan die US

‘n Geskiedkundige dubbel in die Varsitybeker-reeks kompetisie. Daar is geen beter geskenk wat die Maties Rugbyklub aan die Universiteit Stellenbosch in sy Eeufees-jaar kon gee nie. Maties Rugby het Maandagaand (16 April 2018) die Varsitybeker vir die eerste keer sedert 2010 omhoog gelig en net ‘n week vroeër het die Maties Young Guns vir die …

Lees meer ...

US is 100 jaar oud!

Die Universiteit Stellenbosch (US) is vandag (2 April 2018) amptelik ? 100 jaar oud. Op 2 April 1918 het die Victoria-kollege plek gemaak vir die Universiteit van Stellenbosch (in 2000 die Universiteit Stellenbosch) en het vier fakulteite (Natuurwetenskappe, Onderwys, Lettere en Sosiale Wetenskappe en AgriWetenskappe), 503 studente en 40 akademiese personeellede met hul werksaamhede begin. …

Lees meer ...

US ‘n toonaangewende onderwysinstelling wat inklusief uitreik – Rektor by Eeufees galadinee

“Die Universiteit Stellenbosch het ? toonaangewende hoër-onderwysinstelling geword wat ? belangrike bydrae tot menslike ontwikkeling in ons land, op ons vasteland en in die res van die wêreld maak. Ons gegradueerdes is goed gekwalifiseerd en hulle is internasionaal in aanvraag, ons navorsing is innoverend en relevant en ons impak op die samelewing is omvattend. Dit …

Lees meer ...

Eerste US-gradeplegtigheid van die Eeufeesjaar

Die Universiteit Stellenbosch (US) sal 3 315 grade en diplomas tydens die Maart 2018 Gradeplegtighede toeken. Hieronder is ? rekordgetal PhD- en meestersgraadkandidate wees – 164 en 1 061, onderskeidelik. As deel van die gedenking van sy Eeufeesjaar, sal sal die US ook volgende week eregrade aan 13 voorste denkleiers toeken. Die ontvangers is mnr Max du Preez, prof Musa Dube, mnr …

Lees meer ...

Kaapstadse Fietstoer 2018 ? groot sukses vir #Maties100

“Die fietsry was lekker, die Universiteit se naam is hoog gehou, en ons is goed op dreef met ons fondswerwing vir beurse. Dit was ? groot sukses.” So het prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), na afloop van die Kaapstadse Fietstoer op 11 Maart gesê. Die toer – die …

Lees meer ...

Maties oorwinnaar in ‘wedstryd van die eeu’

Nagenoeg 40 voormalige Springbokrugbyspelers wat ook vir die Universiteit Stellenbosch (US) uitgedraf het, was gisteraand (5 Maart 2018) getuies van ? goeie oorwinning van die Maroen Masjien oor die Ikey Tigers van die Universiteit van Kaapstad in hul Varsitybeker derby-wedstryd. Die Springbokke was gaste by ? spesiale funksie van die US se Afdeling Ontwikkeling en …

Lees meer ...

US stel Eeufeesboek bekend en open ’n uitstalling

Donderdag (1 Maart 2018) was die amptelike bekendstelling van die Universiteit Stellenbosch (US) se Eeufeespublikasie, Die Universiteit Stellenbosch 100: 1918-2018, en die amptelike opening van die Eeufeesuitstalling by die Universiteitsargief op die Stellenbosch-kampus. Die boek gaan in Engels sowel as Afrikaans beskikbaar wees, en beslaan 536 volkleurbladsye. Die redakteurs is prof Albert Grundling (Deel 1) …

Lees meer ...

BSc-studente doen veldwerk in April 1918

Die Fakulteit Natuurwetenskappe vier vanjaar saam met die US ons 100ste bestaansjaar. Hier is die eerste van vele interessante staaltjies uit ons geskiedenis. Te voet en met ‘n donkiewa vir die bagasie. Só het ‘n groep van 19 Victoria-Kollege studente en hul dosente in geologie en plantkunde in April 1918 ‘n “staptoertjie tussen Prince Albert …

Lees meer ...

Fakulteit Agriwetenskappe vier 100 jaar met 100 bome

Eerstejaarstudente van die Fakulteit Agriwetenskappe het die honderdjarige bestaan van nie alleen die Universteit Stellenbosch nie, maar ook van die fakulteit herdenk deur ‘n seremoniële plantery van 100 inheemse jong boompies wat in die toekoms die terrein van die Welgevallen eksperimentele plaas in Stellenbosch sal versier. Die Fakulteit Agriwetenskappe was een van die stigtersfakulteite van …

Lees meer ...

Eeufees skop af met verwelkomings-geleentheid

Met die verwelkomingsgeleentheid vir eerstejaarstudente en hul ouers op Donderdag 25 Januarie 2018, het die Universiteit Stellenbosch (US) sy Eeufeesjaar afgeskop teen die agtergrond van uitnemende akademiese prestasies oor talle dekades en waardevolle lesse uit sy komplekse geskiedenis, met die tema 100 jaar van leer, groei en saam vorentoe beweeg en die uitdrukking in die …

Lees meer ...

Herdenking van ’n Eeu

In 2018 hou die Universiteit Stellenbosch sy eeufeesherdenking. DR BARBARA POOL, wat die eeufeesprojek bestuur, skryf oor die gees en ? paar hoogtepunte van hierdie herdenking. Volgende jaar herdenk ons 100 jaar sedert die Universiteit Stellenbosch volgens ? parlementswet formeel uit Victoria Kollege tot stand gekom het. Daarbenewens word vier van ons fakulteite – Natuurwetenskappe, …

Lees meer ...

Maties gaan trap-trap beurse insamel

? Span van die Universiteit Stellenbosch (US), insluitend die rektor, prof Wim de Villiers, gaan volgende jaar geld vir beurse insamel deur aan die Kaapstadse Fietstoer op 11 Maart deel te neem. “Ek nooi alle geesdriftige fietsryers uit om saam met my en die voormalige Springbok-fietsryer, Carinus Lemmer, asook Maties Fietsry se voorsitter, Nicky Giliomee, …

Lees meer ...

Van Kweekskool tot Universiteit van Stellenbosch

Toe die Universiteit van Stellenbosch (nou die Universiteit Stellenbosch) deur ? parlementswet op 2 April 1918 universiteitstatus verkry het, was dit nie ? nuut gestigte instelling nie. Dit het in die vorige byna 60 jaar deur verskeie stadia geleidelik ontwikkel tot ? kollege wat ? universiteit geword het. In die 1850’s wou die Kaapse NG …

Lees meer ...