Biblioteekgedenkmuur

Die US Biblioteek het op 27 Julie 2018 ’n Eeufeesuitstalling op ’n Gedenkmuur in die biblioteek bekendgestel en op dieselfde dag 95 van hulle huidige en afgetrede personeel by ’n skemerkelkie onthaal. Die uitstalling het ’n geïllustreerde blik op die US se verlede en hede gewerp onder die temas “Biblioteekdienste – toe en nou”, “Studentelewe – die tydgees” en “Maties-sport – kampioene toe, kampioene nou”. Die grafiese ontwerper van die Gedenkmuur was Jenny Frost.