Dorp en Toga

As deel van die US se Eeufeesaktiwiteite, het die rektor en visekanselier, in oorleg met die kantoor van die uitvoerende burgemeester van Stellenbosch, vanaf 28 tot 30 November 2018 die Dorp en Toga-konferensie op die kampus aangebied. Die doel van die konferensie was om universiteite wat ’n beduidende deel van hulle stad/dorp uitmaak, bymekaar te bring om aangeleenthede te bespreek wat met betekenisvolle kampus- en dorpvennootskappe verband hou.

Van die universiteite wat die konferensie bygewoon het, was Fort Hare, Bath (VK), Queen’s University in Belfast, Coventry, Pennsylvania State University, Durham, Goettingen, KU Leuven, Rhodes, Queen’s University in Kanada, Lund en St Andrews. Tydens die afsluitingsessie het die US voorgestel dat ’n internasionale netwerk van instellings saamgestel word met die doel om die dorp-en-toga-verhouding te bevorder, met die bywonende instellings as moontlike stigterslede.