Eeufeesgaladinee

Die Eeufeesgaladinee is op 23 Maart 2018 gehou. Die keuse van Paul Roos Gimnasium as die ligging vir hierdie geleentheid was ’n erkenning van die 152-jarige verbintenis tussen Paul Roos en die US. Gaste het onder andere die Wes-Kaapse premier, me Helen Zille, die burgemeester van Stellenbosch, Raadslid Gesie van Deventer, rektore van internasionale universiteite, ontvangers van eredoktorsgrade, gekose lede van die gemeenskap en ander belanghebbendes ingesluit.

Alle hoofsprekers het oor hierdie mylpaal in die US se bestaan besin en hul dankbaarheid betuig vir hoe ver die instelling gevorder het. ’n Animasie het ’n breë oorsig van die afgelope eeu gebied, en die musiekgroep Heavenly Quartez van Khayelitsha het die gehoor vermaak.