Eeufeeskonsert

Die Eeufeestuiskomskonsert het op 2 Maart 2018 as deel van die US Woordfees plaasgevind. Die bywoners het ’n Eeufeesherdenkingsknopie as ’n memento van die aand ontvang. Die sterbelaaide opvoering het kunstenaars soos Laurika Rauch, Coenie de Villiers, Arno Carstens, Valiant Swart, Gloria Bosman, Tim Moloi, Mi Casa, die US Koor en Heavenly Quartez ingesluit.