FFD-uitstalling

Die finale Eeufeesuitstalling by die US Museum, “Forward? Forward! Forward…”, het op 5 Desember 2018 geopen. Die uitstalling het daarin geslaag om ’n toekomsgerigte blik te gee en die Universiteit vir sy volgende 100 jaar te posisioneer. Samewerking vir die uitstalling met die Instituut vir Toekomsnavorsing was veral welkom en het gelei tot ’n publikasie wat sowel die kuns by die uitstalling as tien essays oor kuns en die toekoms ingesluit het.