Varsitybeker – Ikeys teen Maties

Die US het op 5 Maart 2018 munt geslaan uit die geleentheid wat geskep is deur die Varsitybekerwedstryd tussen die US en die Universiteit van Kaapstad (UK) om die 1918-totstandkoming van hierdie twee universiteite te herdenk. Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge het ook bygedra tot die prestige van die geleentheid deur voormalige Matie-Springbokke na die gebeurtenis uit te nooi. Die rektor, prof De Villiers, en sy destydse eweknie by die UK, prof Max Price, het tydens rustyd ’n enorme verjaardagkoek gesny wat ontwerp is om albei universiteite te verteenwoordig. Maties het die wedstryd gewen.