Alumni Digitale Nuusbrief | Uitgawe 2 | Lente 2017

Ons vind liefde op die mees verrassende plekke.

Onthou jy nog jou eerste dag op kampus?

Jy was bang, senuweeagtig, opgewonde. Van die beste jare het jy daar spandeer, in jou fakulteit of koshuis. En terwyl daardie kosbare herinneringe jou nog bybly, bestaan van die verhoudings wat jy gedurende daardie tyd gevorm het, ook tot vandag toe.

Vriendskap is regtig die hoogtepunt van liefde. Liefde verander ons.

Dit help ons om brûe oor te steek en dinge van onsself te ontdek wat ons nooit geweet het, bestaan nie.

Jou tyd by die US het jou help ontdek dat as jy iets liefhet, jy jouself daaraan gee. 'n Natuurlike uitruiltransaksie vind plaas, groei word gefasiliteer, jy word wie jy bestem is om te wees.

Die Universiteit Stellenbosch is al vir 'n 100 jaar besig om wêreldvormers te lewer. Ons wil nou al die redes vier waarom ons die US liefhet met ons #US99-veldtog.

Het jy ou studentefoto's wat jy graag met ons aanlyn wil deel? Deel jou foto's en herinneringe van US-mense en plekke wat jou hart warm laat klop en "tag" ons op Facebook, Instagram en Twitter, deur die hashtag #US99 te gebruik. En staan dan 'n kans om 1 van 9 US-alumni geskenkpakke oor nege weke te wen.

Help ons om R99 999 in 99 dae in te samel

Met bykans die helfte van alle US-studente wat 'n vorm van finansiële hulp nodig het, probeer ons ook R99 999 in 99 dae insamel as deel van die #US99-veldtog. Alumni-bokse is regoor kampus geplaas om personeel en studente aan te moedig om toekomstige Maties te ondersteun.

As jy hierdie veldtog wil ondersteun, kan jy maklik ‘n aanlyn betaling doen deur op hierdie skakel te klik: https://goo.gl/KpA2EY.

Jy kan ook van SnapScan gebruik maak deur eenvoudig die SnapScan QR-kode te skandeer en aan te dui hoeveel jy wil skenk.

Jy kan die #US99-veldtog verder ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch as begunstigde by jou MySchool-profiel te voeg. Jy kan eenvoudig jou begunstigde besonderhede hier https://goo.gl/8CeSbv opdateer.

Wanneer jy aan die Universiteit Stellenbosch skenk beteken dit dat jy 'n student kan help om die handboek te kry wat hy of sy nodig het vir 'n belangrike eksamen, om drie etes per dag te kan eet sodat hulle op hul studies kan fokus en 'n veilige plek te hê om snags te kan slaap.