Alumni Digitale Nuusbrief | Uitgawe 3 | Somer 2017

Wat is jou gelukkigste herinneringe van jou tyd in Stellenbosch?

Ek het so baie! Om student te wees was die beste tyd. Ek het veral gelukkige herinneringe van die bande wat ek met medestudente in die SS (studentesentrum) en HUMARGA gesmee het toe ons nagte moes deurwerk om werkopdragte te voltooi.

 

Hoekom het jy ’n aanbieder by MFM 92.6 geword?

Ek was mal oor die idee om ’n loopbaan in die media te hê en kampusradio was die beste en maklikste manier om ’n smakie van die mediawêreld te kry. Ná ’n lang opleidingsproses het ek my eerste tydgleuf op MFM 92.6 op ’n Maandagoggend van 03:00 tot 06:00 gekry. Daar was oomblikke wat jy gedink het niemand luister nie, maar daar was altyd iemand. My pa was een van hulle – hy het nooit een van my vroeëoggend-programme gemis nie!

 

Wat het ná daardie vroeëoggend-tydgleuf gebeur en hoe het dit jou loopbaan beïnvloed?

Ná daardie tydgleuf by MFM, het ek die Hitlist elke weeksaand van 21:00 tot middernag aangebied. Dit was my moeilikste jaar. Ek kon omtrent niks saam met my vriende op weeksaande doen nie en dit was ook gedurende my finale jaar as voorgraadse student. Dit is waar ek geleer het om my tyd te bestuur. Van MFM het ek ’n gleuf op KFM gekry – nóg ’n middernagskof! Dit was Saterdae en Sondae van middernag tot 04:00 tydens my honneursjaar. Toe ek gegradueer het, het ek ’n gleuf op die Afternoon Drive saam met Rob Vember gekry as die verkeersaanbieder.

 

Vertel ons van die SABC  Aanbiedersoektog-kompetisie.

In 2015, het die Aanbiedersoektog-kompetitisie vir drie nuwe TV-aanbieders gesoek. Ek het van die begin af my oog op die Expresso-posisie gehad. Dit sou beteken dat ek kon voortgaan om radio en TV albei voltyds te beoefen. Dit was ’n uitdagende reis, maar een wat my gevorm het tot die aanbieder wat ek vandag is.

 

Sou jy studente aanmoedig om hulle vlerke te sprei terwyl hulle nog op universiteit is?

Vir seker! Die meeste intreevlakposisies betaal baie min. Om internskappe en enkele “intreevlak”-werke gedurende jou studies of studiebreuke te doen, maak ’n reuseverskil. Dit het my in my radioloopbaan gehelp – om met die vroeëoggendgleuf te begin terwyl my studies my primêre fokus was, tot om radio ’n voltydse loopbaan te maak ná my studies.

 

Wat is jou passies in die lewe?

Ek het ’n passie vir ons land en ons jeug. Ek glo dat om die nasie te beïnvloed, die generasie sal verander. Ek gebruik tans my platform om op humanitêre kwessies te fokus, met die hoop om sterk, vreedsame verhoudings tussen mense en gemeenskappe te bou en te handhaaf.

 

As jy ’n boodskap aan jong mense in SA kon stuur, wat sou dit wees?

Gebruik jou tyd slim. Fokus op die nou én die volgende. Gebruik vakansies om te werk eerder as om op te vang met TV-reekse. Die werkslewe is moeilik, en diegene wat honger vir leer en hardwerkend is, sal altyd sukses behaal.

  • Sien Zoë elke weekoggend op die Expresso-oggendprogram op SABC3 (06:30 – 09:00) en luister gerus elke middag op Kfm 94.5 Flash Drive (16:00 – 19:00).