Digitale Alumni-Nuusbrief | Herfs 2021

Die Fakulteit Regsgeleerdheid is in 1921 gestig en bly die intellektuele tuiste van vele regters, advokate, prokureurs, nyweraars, sakeleiers, politici en akademici.
 
"Ons nooi u uit om na u intellektuele tuiste terug te keer, herinneringe aan u studentedae te herleef, aan die besprekings oor aktuele kwessies deel te neem en, as deel van 'n interaktiewe gehoor, na gerekende sprekers wat belangrike aangeleenthede bespreek, te luister. U deelname bevorder die Fakulteit Regsgeleerdheid se strewe om aan die voorpunt van regsontwikkeling te bly, terwyl ons die goeie verhoudinge met en tussen ons alumni handhaaf. Om af te skop, KLIK HIER vir ʼn uitnodiging na ons Jaarlikse Menseregtelesing wat deur Regter Navi Pillay aanlyn aangebied sal word,” sê prof Nicola Smit, Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid.
 
ʼn Paar van die gebeurtenisse waarna u kan uitsien, sluit in die silwer- (25 jaar) en goue-(50 jaar) reünie-aktiwiteite, die dekadereünie-geleenthede en ʼn openbare lesing, gevolg deur ʼn dinee in die stadsaal ter afsluiting van die eeufeesvieringe. ʼn Uiteensetting van die gebeurtenisse verskyn onderaan die dokument. Besoek ook gerus die Fakulteit se webwerf vir die nuutste besonderhede (ook oor die Regsfakulteitstrust). 
 
Vanjaar se eeufeesnaweek val saam met die Universiteit se vlagskip Tuiskoms-en-Familienaweek wanneer duisende alumni na die kampus terugkeer om hul betrokkenheid by die Universiteit Stellenbosch te gedenk. Gedurende soortgelyke vieringe, heers daar gewoonlik groot opgewondenheid en positiwiteit met ʼn opwindende atmosfeer in die omtrek. U durf nie hierdie geleentheid misloop nie. Al die nodige COVID-19 veiligheidsmaatreëls sal van toepassing wees en nagekom word ten einde alle betrokkenes te beskerm.
 
Prof Smit voeg by: "Die Fakulteit Regsgeleerdheid herdenk die toewyding van die Universiteit Stellenbosch, gewortel in Afrika, en haar globale omvang. Die Fakulteit is ʼn 21ste-eeuse instelling wat haar op ʼn nalatenskap van akademiese uitnemendheid en ʼn visie om die volgende generasie Suid-Afrikaanse leiers, wat aan die voorpunt van die samelewingsvooruitgang in diens van die mensdom staan, roem. Ons sien uit daarna om u saam met die Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge span by u intellektuele tuiste te verwelkom."

Onthou hierdie datums (besoek ons webwerf vir bykomende geleenthede)

  • Maandag, 17 Mei tot Vrydag, 21 Mei – Strijdom van der Merwe Aanhef Tydelike Kunsinstallasie.
  • Donderdag, 20 Mei – Jaarlikse Menseregtelesing met Regter Navi Pillay (aanlyn).
  • Dinsdag, 10 Augustus – Jaarlikse Vrouedag Openbare-lesing.
  • Woensdag, 25 Augustus tot Vrydag, 27 Augustus – Jaarlikse Beraad vir Sosiale Geregtigheid en Internasionale Konferensie.
  • Dinsdag, 14 September – Dekriminalisering van Kleiner Oortredings (aanlyn) (met die African Policing Civilian Oversight forum).
  • Dinsdag, 21 September – Nuwe Ontwikkelinge in die Suid-Afrikaanse Deliktereg Kollokwium (aanlyn).
  • Dinsdag, 28 September – Anton Lubowski-gedenklesing.
  • Donderdag, 30 September – US Gholf-fondsinsameling en -veiling.
  • Donderdag, 7 Oktober – Jaarlikse Openbare-lesing oor Intellektuele Eiendomsreg met Professor Thomas Hoeren.
  • Donderdag, 21 Oktober – Rondetafel vir Kundiges in die Inheemsereg.
  • Donderdag, 11 November tot Vrydag, 12 November – Vierde Internasionale Konferensie oor Verkrygingsreg in Afrika.
  • Datum sal aangekondig word – Fakulteit Regsgeleerdheid Prestige (Mortie Malherbe) Openbare-lesing.

 

Fakulteit Regsgeleerdheid: Eeufees Tuiskoms
 
Vrydag, 24 September

  • Middag – Silwer- en Goue-reüniemiddagete by Die Stal.
  • Aand – Dekadereünie geleenthede.

 
Saterdag, 25 September

  • Oggend – Openbare-lesing by die Ou Hoofgebou.
  • Oggend – Boekbekendstelling: Die Stellenbosch Regsfakulteit: Van 1921 tot 2021.
  • Aand – Galadinee in die stadsaal.