Digitale Alumni-Nuusbrief | Herfs 2021

Die kanselier en die visekanselier sal hul eie spanne in die rit lei, wat gaan meeding om te sien wie eerste £10 000 kan insamel.

Sal jy hulle help om hierdie teiken te haal?

Die spankapteins wil jou iets vra. Klik op die skakels hier onder om te hoor wat hulle te sê het.

Hetsy jy ʼn ernstige fietsryer is of net fiets ry vir plesier, die Londen-na-Brighton-fietsrit is iets wat jy sal kan doen. Kies in wie se span jy wil ry en laat weet vir Darryn Havenga by darrynh@sun.ac.za. Hy sal vir jou die registrasiebesonderhede stuur.

Jy kan HIER meer oor die Londen-na-Brighton-fietsrit lees.

Ons vra alle fietsryers om hulle te verbind om £500 vir ons teiken in te samel. Ons sal jou help om dit te haal met ons aanlyn fondsinsamelingsplatform vir hierdie geleentheid.

Die fondse wat deur hierdie geleentheid ingesamel word, sal tot die VK/EU-beursfonds bydra, wat aan akademies begaafde maar finansieel benadeelde studente die geleentheid bied om sukses by ons instelling na te streef en hul volle potensiaal te bereik. Die totale teiken van £20 000 sal volle beurse aan ten minste drie studente kan verskaf, wat onderrigfooie, behuising, kos en handboeke sal insluit. 

Sluit nou by ʼn span aan. Jy hoef nie ʼn Matie te wees om in ʼn span te wees nie – nooi gerus jou vriende, familie en kollegas om saam deel te neem.

Moenie bekommerd wees as jy nie 'n fietsryer is nie ... Jy kan deel wees van hierdie interspankompetisie deur 'n skenking aan jou gunsteling span te maak:

Vir die visekanselier se span.

Vir die kanselier se span.