Digitale Alumni-Nuusbrief | Uitgawe 4 | Somer 2018

Weens die bekwaamheid van haar navorsers, die gehalte van haar fakulteite en die rykdom van haar ligging, lewer die Universiteit Stellenbosch enkele merkwaardige dinge (buiten haar alumni) op. Daar is produkte soos juweliersware, Maties Melk, sporttoerusting en plante uit die botaniese tuine, en veral die wonderlike wyn waarvoor ons streek so bekend is.

Tot nou toe was die enigste manier om jou hande op enige hiervan te kry egter om dit fisies te doen. Alhoewel daar winkels is waar ons plaaslike mense ons produkte kan koop, is daar groot getalle toeriste, alumni en die altyd-soekende fynproewers wat nie naby is en hierdie items kan koop nie. Die naaste wat hulle kan kom aan die goedere wat hulle harte begeer, is die leë bottel op ‘n mantelstuk, die foto-herinneringe van hulle besoek aan ons dorp of 'n klein prentjie op die webwerf. Die aanvraag na ons produkte is groot, sonder die nodige middele om aan hierdie behoefte te kan voldoen.

Takealot.com, baie se gunsteling aanlynwinkel en afleweringskoning, sal nou hierdie probleem vir ons almal oplos. Vanaf 15 November sal ons hierdie nuwe aanlyn-oplossing bekend stel met 'n baie spesiale produk, wat splinternuut is, maar met sy wortels stewig in die Stellenbosch-grond geplant.

Om die Eeufeesjaar van die Universiteit Stellenbosch te herdenk, het die span 'n baie spesiale reeks van die Welgevallen-kelder se Pinotage vrygestel, wat uitsluitlik op Takelot.com beskikbaar is. Heel toepaslik genoem,  'Eeufees Pinotage'.

Dit sal 'n beperkte reeks van ongeveer 2 000 bottels wees, met elke bottel individueel genommer. Die pragtige verpakking, wat 'n aandete, Sondagaand of ‘n privaatkelder sal ophelder, wys net op die absolute perfeksie van die wyn self.

As ons 'n paar treë terugneem in die geskiedenis van Stellenbosch, dan sien ons die vestiging van die Welgevallen-proefplaas, een van die oudste wynproduserende plase in die land. As jy dan 'n paar stappies vorentoe neem, in die 1920's, vind jy 'n sekere AI Perold, die oupa van ons eie professor Willie Perold, en die eerste professor in Wingerdkunde aan die US. Hier het hy die Pinot noir en Cinsault noir (of 'Hermitage' soos dit genoem was) druiwe kultivars gekruisteël om die eerste Pinotage saailinge te skep. 'n Kort rukkie later is die eerste Pinotage-wyn gebottel.

Die bekendstelling van Eeufees Pinotage is nie net die eerste aanslag in die wêreld van aanlyn bestelling en aflewering vir die Universiteit nie, maar ook die begin van 'n voortgesette verhouding tussen onsself en die span by Takealot. In die volgende paar maande sal daar meer items te koop wees - waar jy ook al in Suid-Afrika (en hopelik in die nie-verre toekoms) in die wêreld mag wees.

Lees die storie van die oorsprong van die Pinotage-druif: http://pinotage.co.za/origin-of-the-grape/