Digitale Alumni-Nuusbrief | Uitgawe 4 | Somer 2018

Op 2 April 1918 is Victoria Kollege se status verhoog na dié van die onafhanklike Universiteit van Stellenbosch. Oor die volgende eeu sou die US sy hoëronderwysrol binne die uitdagende politieke, sosio-ekonomiese, kulturele en opvoedkundige werklikhede van die 20ste eeu vertolk. In die eerste deel van die boek, Perspektiewe op 100 Jaar, deel sewe skrywers hierdie geskiedenis vanaf die Universiteit se ontstaan deur verskeie uitdagings heen, insluitend politiek en finansieel, tot wat dit beteken om ’n Matie te wees, op akademiese gebied én in die sport- en studentelewe.

In die tweede deel bied die skrywers ’n blik op die akademiese aktiwiteite oor ’n eeu heen, soos gesien deur die oë van sy 10 fakulteite. “Op hierdie bladsye, geskryf deur verskeie lede van die Universiteit se akademiese gemeenskap, kan u die pad volg van ’n Universiteit wat gegroei het van ’n handjievol mense wat hulle aan die voet van die Stellenbosse berge kom vestig het tot ’n lewendige en kosmopolitaanse gemeenskap van meer as 30 000 studente en 3 000 personeellede, versprei oor die vyf kampusse van hierdie wêreldklas akademiese instelling,” sê Prof Hester Klopper, Vise-Rektor: Strategie en Internasionalisering.

 “Ons het hierdie boek gepubliseer juis om aan die vorige, huidige en toekomstige geslag Maties ‘n oorsig te gee oor hul alma mater en sy doen en late die afgelope eeu. Nie net is die boek propvol feite en geskiedkundige besonderhede nie, maar dit is ook grafies mooi en kleurvol saamgestel. Beslis iets om met genot deur te blaai,” sê Dr Barbara Pool, Senior Direkteur: Strategiese Inisiatiewe.  

Hier is meer besonderhede oor die boekformaat:

BOEKSPESIFIKASIES

Papier:

Deel 1: Teks gedruk op 120 gsm Cartridge

Deel 2: Teks gedruk op 130 gsm Matt Art

Formaat:

270 mm diep x 205 mm wyd

Grootte:

536 vokleurbladsye plus agterste blaaie

TWEE UITGAWES

Standaarduitgawe:

Hardeband met foelie gedebosseleer. In Afrikaans en Engels beskikbaar. Gewone prys: R750 per boek. Spesiale aanbod aan US alumni: R600 per boek. Slegs R500 per boek vir bestellings van 5 of meer boeke (posgeld uitgesluit).

Versamelaarsuitgawe:

In leer gebind met verhewe band en die titel in silwer foelie. Slegs 100 elk in Afrikaans en Engels beskikbaar. Onderteken deur die US-rektor met die naam van die ontvanger gekalligrafeer in die boek. Prys: R2 500 per boek (posgeld uitgesluit).

“Ons sien baie uit daarna om die boek aan ons alumni te lewer. Gebruik asseblief een van die onderstaande opsies om u boek te koop. Geniet die lees!” sê Dr Pool. 

Koop só

  • Die standaarduitgawe is beskikbaar via die Eeufeeskantoor of by die Universiteit Stellenbosch-winkels in Dorpstraat of in die Neelsie.
  • Die versamelaarsuitgawe is slegs beskikbaar via die Eeufeeskantoor.
  • Indien die boek gepos of gekoerier moet word, word die koste by die prys van die boek gevoeg.
  • Vir meer inligting of om die boek te bestel, stuur asseblief ’n e-pos aan Carin Erasmus by ccerasmus@sun.ac.za.

Bankinligting

Betalingsmetode by die Eeufeeskantoor: kontant of elektroniese betaling

SA betalings:

Banknaam: Standard Bank

Rekeningnaam: US-depositorekening

Huidige rekeningnommer: 073006955

Takkode: 050610

Datum wat rekening geopen is: 1999-11-19

Verwysing: R9805 – VAN VOORLETTER

 

Internasionale betalings:

Banknaam: First National Bank

Taknaam: Stellenbosch

Universele takkode: 250-655

Rekeningnommer: 62107177083

Rekeningtipe: Tjekrekening

SWIFT kode: FIRNZAJJ

Verwysing: R9805 – VAN VOORLETTER

  • Bewys van betaling: Stuur elektronies aan ccerasmus@sun.ac.za