Digitale Alumni-Nuusbrief | Somer 2019

Te midde van die feestelikhede van die Universiteit Stellenbosch se 100-jarige bestaan, was ‘n projek geloods deur Innovus, SunKom en die Welgevallen Wynkelder om hierdie spesiale mylpaal te herdenk.

Die 2017 Eeufees Pinotage wyn het die lig gesien en altesaam is daar net 2297 bottels in die versameling geproduseer, wat dit ‘n absolute versamerlaarsitem maak. Elke bottel is individueel gemerk en is die ideale geskenk vir geleenthede soos jaareindfunksies, alumni-byeenkomste of vir jou eie of ‘n vriend se wynkelder versameling.

In samewerking met die aanlynverkoper, Takelot.com was die wyn eksklusief geloods op hierdie platform einde 2018 en tans is daar nog net sowat 1 000 bottels beskikbaar. Enkele bottels was onlangs beskikbaar gestel vir die Universiteit se winkel in Dorp Straat vir die gerief van plaaslike inwoners.

Kry vandag nog jou spesiale uitgawe van die Eeufees Pinotage wyn op Takealot of verras jou kollegas en vriende met ‘n baie besonderse geskenk.

Volg hierdie skakel of skandeer die QR kode om direk na die item geneem te word op Takealot.