Digitale Alumni-Nuusbrief | Somer 2020

Só sê prof Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, na aanleiding van die uitkoms van die pas afgelope Konvokasie-verkiesing waarin gesamentlik 9 877 stemme uitgebring is vir die drie vakante posisies in die uitvoerende komitee. 'n Totaal van 3 380 stemme is uitgebring vir die vakature van president van die Konvokasie, 3 397 vir die posisie van sekretaris en 3 100 vir die vakature van 'n addisionele gewone lid.

“Hierdie is deel van die Universiteit se merkwaardige suksesse tydens hierdie pandemie-jaar met sy vele uitdagings. Nie net was die elektroniese stemproses en die virtuele jaarvergadering “eerstes" vir die Konvokasie nie, maar dit het 'n wyer betrokkenheid van alumni gefasiliteer wat die beperkinge van 'n fisiese-byeenkoms eksponensieel reduseer en tegelykertyd nuwe weë open vir die adviserende rol en taak van die Konvokasie," sê prof De Villiers. 

Die doel van die Konvokasie soos uiteengesit in die Statuut van die Universiteit Stellenbosch, is om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur 'n wedersyds voordelige verhouding tussen die instelling en die lede van die Konvokasie, en om waar gepas, die Senaat en die Raad te adviseer.

Prof De Villiers het die verkose kandidate gelukgewens met hul aanwysing as lede van die uitvoerende komitee van die Konvokasie. Hy sien uit na konstruktiewe insette van en interaksie met die Konvokasie in die verdere bevordering van die belange van die Universiteit.

Die stemme uitgebring was soos volg:

President:

Adv Jan Christiaan Heunis [1900]

Dr Leslie van Rooi [1480]

 

Sekretaris:

Frederik Rudolph van Dyk [1444]

Thulani Hlatswayo [1055]

Roelf Bert van der Merwe [665]

Jason Lord [233]

 

Addisionele lid:

Merlyn van der Rheede [1211]

Hannchen Elizabeth Louw [536]

Roelf Bert van der Merwe [471]

CS Mukhari [421]

Andrew Wigley [315]

Jason Lord [146]

Die uitvoerende komitee van die Konvokasie sien nou soos volg daar uit:

  • President: Adv JC Heunis
  • Vise-President: Dr Leslie van Rooi
  • Sekretaris:  Mnr FR van Dyk
  • Addisionele lede: Me Esterbeth Singels en Me M van der Rheede