Digitale Alumni-Nuusbrief | Somer 2021

YAP is in Julie 2021 geloods met sy eerste "Wêreld van Werk"-week wat aanlyn deur alumni en ander kundiges aangebied is — onder andere Santie Botha, onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter van Capitec, Cathy Sims, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Werkgewersvereniging vir Gegradueerdes en Wim Delva, stigter en direkteur van die datamaatskappy Wimmy.

Die doel? Om jong Maties, onder die ouderdom van 35, te ondersteun om vooruitgang in hul gekose loopbane te maak.

"Ons weet almal dat om 'n loopbaan te vestig soms 'n opdraande stryd kan wees — tensy jy met die regte mense op die regte plekke verbind kan word om jou te ondersteun op jou pad na sukses. 'n Graad is slegs die begin van 'n jong gegradueerde se loopbaan, so ons wil graag 'n toegangsvennoot wees en gegradueerdes in staat stel om te floreer," sê Bruns.

"YAP gee aan jong alumni die geleentheid om ons wêreldwye Maties-netwerk te benut en bied ook 'n manier om hul netwerke buite die kampusgrense uit te brei. Deur hierdie program wil ons loopbaanontwikkelings‑ en netwerkgeleenthede skep.

"As jy dus ʼn jong gegradueerde van die Universiteit Stellenbosch is, tans besig is met ʼn internskap, jy werk soek, reeds in ‘n werk is, opsoek is na ʼn nuwe werksgeleentheid of dalk op die uitkyk is vir nuwe en opwindende geleenthede om te netwerk en jou loopbaan te bou, dan is die Jong Alumni Program net vir jou bedoel. Daar is geen rede om dinge alleen aan te durf nie," voeg sy by.

Hoe word jy deel van die netwerk? 

  • Sluit eerstens aan by Maties Connect


Maties Connect is 'n eksklusiewe netwerkplatform van die US. Deur middel van hierdie platform kan jy kontak maak met mede-Maties, nuwe loopbaangeleenthede ontdek, nuus oor jou besigheid deel, nuwe sakekontakte bekom en kitsbywerkings kry oor die jongste alumni-byeenkomste en netwerkgeleenthede.
 

  • "Hoe gemaak …"-reeks

Toe jy aanvanklik klaar gemaak het met universiteit, wou jy nie ook graag 'n ruimte hê waar jy al die inligting oor Volwassenheid 101 sou kon kry nie? YAP se "Hoe gemaak ..."-reeks deel inligting oor alle onderwerpe wat met die lewe van 'n jong werkende volwassene of nagraadse student in die moderne wêreld verband hou. Elke maand gee 'n alumnus wenke en raad oor hoe om professioneel, finansieel en persoonlik te groei. Klik hier vir die jongste video.

  • "Wêreld van Werk"-week

In 'n vinnige, hoogs-mededingende wêreld is dit belangrik om voortdurend op die hoogte te bly van die bedryfsbaan waarin jy belangstel. Die "Wêreld van Werk"-week is 'n loopbaandiskoers-geleentheid wat die sogenaamde stadsaal-platform daarstel sodat jong alumni vrae aan kundige alumni en baanbrekers in die bedryf kan stel, hul opinies kan deel, en uitdagings ten opsigte van die huidige werkswêreldbaan kan stel. Uiteindelik kan hierdie diskoers jong Maties help om hul bestaande loopbaanpad te evalueer asook te beïnvloed.

Moet dit nie misloop nie - daar is reeds voorlopige datums vir die "Wêreld van Werk"-week in 2022 bekend. Teken gerus die volgende datums aan — vanaf 9 tot 12 Mei (vir nagraadse studente) en 15 tot 18 Augustus (vir werkende jong Maties). Besoek www.matiesalumni.com vir meer inligting.