Digitale Alumni-Nuusbrief | Somer 2021

Maties Connect
Skakel in by die Matie-gemeenskap deur die toeganklike en gebruikersvriendelike Maties Connect-toepassing van die Google Play Store of van die Apple Store af te laai. Hierdie veilige netwerkvormings- en bemarkingsinstrument bemagtig jou deurdat jy jou sosiale netwerk daarmee kan uitbrei.

Nadat jy die toepassing afgelaai en ʼn rekening geskep het, kan jy byvoorbeeld jou entrepreneuriese en interpersoonlike vaardighede met die toepassing se veelvuldige funksies toon. Jy kan ook weer kontak maak met mede-gegradueerdes, jou onderneming in ons besigheidsgids bevorder, werk soek, nuwe poste aanlyn inskryf en ʼn mentor of mentee vir ʼn alumnus/alumna word.

Loopbaangeleenthede
Waar kan daar ʼn beter plek wees om slim, jong individue te kry wat loopbaangeleenthede soek as by jou alma mater? Die voordeel verbonde daaraan om jou eers na jou alma mater te wend, is dat jy moontlik persoonlike ervaring van die programme het waarin die studente gradueer. Jy sal oor ʼn goeie verwysingsraamwerk beskik van die tipes vaardigheid wat hierdie studente kan hê. Om jou dus tot die Universiteit Stellenbosch te wend om die beste en knapste studente te werf, is ʼn uitstekende manier om terug te gee. Dit kan wel ook ʼn veiliger indiensnemingsbesluit wees.

Gaan kyk vandag na beskikbare poste op Maties Connect deur op die skakel hier onder te klik:
https://matiesconnect.com/jobs

Ons wil graag op hoogte bly wat jou loopbane en lewensveranderings betref en wil graag hê dat jy suksesvol is met dít wat jy doen. Ons deure staan altyd oop. Hier onder is ʼn paar maniere waarop jy jou verbintenis met ons kan aanwend:

Persoonlike aanbevelings en bevestigings
Of dit nou vir jou LinkedIn-blad, jou CV of ander aansoeke is, jou US-dosente en -administrateurs is wonderlike hulpbronne wanneer dit oor verwysings gaan.

Netwerkgeleenthede en opbou van verhoudings
Wanneer jy by alumni-aangeleenthede betrokke raak, skep dit vir jou geleenthede met mede-alumni en US-gemeenskapslede wat jou kan help om jou loopbaan uit te bou.

Loopbaanraad en coaching
Universiteitsvoorligting hoef nie te eindig wanneer jy gegradueer het nie. As jy daaraan dink om ʼn verandering te maak of om jou loopbaan te bevorder, is dit ʼn baie goeie idee om met ons alumnipersoneel, dosente en administrateurs in verbinding te tree om goeie raad te ontvang.

Verwysings
Die US-gemeenskap groei steeds en saam met hierdie groei ontstaan daar waardevolle verbintenisse binne en buite die gemeenskap. As jy ʼn verwysing vir besighede of dienste nodig het, is ons besigheidsgids ʼn goeie plek om te begin.

CV-versterking
Om by ons geleenthede in Matieland aan te sluit, met ons studente te gesels en jou ervaring en kennis te deel, is ʼn baie goeie manier om jou profiel as openbare spreker en deskundige op jou gebied te versterk.

Laai ons Maties Connect-toepassing af

As jy ʼn Apple-gebruiker is, laai die "Graduway Community"-toepassing af. Wanneer jy dit afgelaai het, kies MatiesConnect as jou instelling.

 

Jy weet nou wat die waarom is; hier volg die hoe

Daar is baie maniere om met ons in aanraking te bly:

  • Teken in op ons e-poslys.

Sluit aan by ons Alumni Facebook-groepe

Sluit aan by ons ander platforms