Energieverstandig

Energieverbruik word deur meters en modems in die verskillende geboue op die kampus gemeet. Die PowerWatch-program word gebruik om enige afwykings te identifiseer en die beter benutting van energie te bestuur. Energie-oudits word by sekere energie-intensiewe kampusgeboue uitgevoer om moontlike besparings te ondersoek.

Sonkrag-waterverwarmers is op 'n beperkte skaal in sekere gebiede geïnstalleer. Hittepompe vir waterverwarming is reeds by die meeste koshuise geïnstalleer.

Gloeilampe in geboue word tans met energiebesparende gloeilampe vervang. Daarbenewens is sensors wat ligte aanskakel slegs wanneer daar beweging is, in ses geboue op die Stellenbosch-kampus, in die hysbakke van die hoofgebou op die Tygerberg-kampus en in een gebou by Bellville Park geïnstalleer. Die verhoed dat ligte onnodig brand.

Met ons geboubestuurstelsel kan verouderde geboubeheerstelsels stelselmatig deur moderne bedryfs- en bestuurstelsels vervang word; sodoende word voorsiening maak vir die sentrale beheer en optimalisering van lugversorgingstelsels, die beheer van noodkragopwekkers en 'n ladingbeheerstelsel.