Jou kampus

Kampuskaarte

Klik op die skakels hieronder om ons kampuskaarte in pdf-formaat af te laai.

Geboue en lesingsale

Klik op die onderstaande skakel om 'n volledige lys van die geboue en lesingsale op ons Stellenbosch-, Tygerberg- en Bellville-kampus af te laai. Die lys bevat interessante inligting oor die oorsprong van baie van die geboue se name.

Veiligheid op kampus

Fasiliteitsbestuur streef daarna om ons kampus so veilig as moontlik vir studente en personeel te maak. Dit is egter belangrik om waaksaam te wees en verantwoordelikheid vir jou eie veiligheid te neem. Hou ten alle tye hierdie veiligheidswenke in gedagte:

  • Moenie alleen loop nie – maak gebruik van die begeleidingsdiens vir voetgangers, indien nodig (skakel 021 808 4891 om 'n begeleier te versoek of WhatsApp die sekuriteitsentrum by 082 808 2333).
  • Vermy afgesonderde gebiede. Neem die veiligste roete, selfs al is dit nie die kortste nie. Bosman- en Victoriastraat word 24 uur 'n dag deur die kampus se sekuriteitsbeamptes gepatrolleer en dié strate is saans goed belig.
  • Memoriseer die noodnommer (021 808 2333) of stoor dit op jou selfoon.
  • Moenie 'n maklike teiken wees nie! Maak seker dat jou selfoon of rekenaar nie sigbaar is nie.
  • Belê in pepersproei – dit is by die Matie-winkel beskikbaar.

Hoe die kampus die afgelope jare veiliger geword het

  • Geen eksamens en toetse vind meer saans plaas nie
  • 'n Begeleidingsdiens vir voetgangers is ingestel
  • 'n Mobiele sekuriteitskantoor is saans beskikbaar in geselekteerde gebiede
  • 'n Omvattende netwerk van straatkameras en die gebruik van tegnologie sorg vir beter monitering van sekuriteit
  • Die bestaande na-uurse pendeldiens is uitgebrei
  • Bykomende voertuie word vir patrollies gebruik en die getal wagte op die voorkeurroetes is verdubbel: Bosman- en Victoriastraat
  • Motorfietse patrolleer die hoofroetes op en rondom die kampus, en verhoog sodoende die sigbaarheid van wagte
  • Die skepping van sekuriteitsones, soos die een op die Rooiplein
  • Bewusmakingsveldtogte en aktiewe vennootskappe met die SAPD, Stellenbosch Munisipaliteit en die breër sekuriteitsgemeenskap in Stellenbosch