24-uur Noodnommer:
021 808 2333
Hulptoonbank:
021 808 4666
24-uur Noodnommer:
021 808 2333
Hulptoonbank:
021 808 4666
Risikobestuur en Kampussekuriteit bied aan die US-kampusgemeenskap 'n wye verskeidenheid risikobestuurs- en sekuriteitsdienste, insluitend die volgende:
Kampussekuriteit lewer dienste ter ondersteuning van 'n veilige leer-, woon- en werkomgewing. Dit behels veiligheidspatrollies, toegangsbeheer, gekontrakteerde sekuriteitsdienste, alarmmonitering en -reaksie, noodreaksie, reaksie op abnormale voorvalle, geslote kringtelevisie-monitering, sekuriteit en parkering by spesiale geleenthede, ens.
Die afdeling monitor brandalarmstelsels en skakel met die nodige organisasies in tye van nood.
Risikobestuur en Kampussekuriteit koƶrdineer kursusse in noodhulp, brandbestryding, die pligte van 'n veiligheidsverteenwoordiger, en voorvalle vir personeel en studenteleiers wat aan die verskillende veiligheidskomitees in die onderskeie omgewings behoort.
Risikobestuur en Kampussekuriteit lewer 'n administratiewe en sekretariƫle diens aan die US se Risikobestuurskomitee (RBK). Dit behels die bestuur van die RBK-sekretariaat, en die ondersteuning en fasilitering van risikoregisters vir alle strukture van die US. Hierdie dienste behels onder meer bestuursondersteuning met die voorbereiding van veiligheidsverwante beleid, en die bepaling en evaluering van en verslagdoening oor risiko.