Grysduif Update – Jean van der Walt

Beste Majuba Alumnus,

Nou gaan ek lig op al die alumni-verwante gebeure en gebeurtenisse vir 2021 werp. Die Alumni-kantoor is besig om hul datums aan te pas vanweë die verandering in universiteitsdatums vir 2021. Die eerste semester begin eers op die 15de Maart vir alle voorgraadse studente.

Tuiskomsnaweek word vir 23 tot 25 September beplan. Vir diegene wat nie weet wat hierdie naweek behels nie, is dit die naweek waartydens die universiteit al hul alumni-verwante geleenthede, soos reünies, hou. As ons Majuba se eerstejaarsgroepreünies op dieselfde tyd as Tuiskomsnaweek hou, sal daar baie alumni op kampus wees – jy kan nie net die Majuba-reünie bywoon nie, maar ook ander funksies. Hou ook ons ​​Facebook- en Instagram-bladsye  asook www.matiesalumni.com dop vir opdaterings.

Grysduif-geleenthede by Majuba is tans opgeskort weens COVID-19 se beperkings wat die universiteit ingestel het. Ons oorweeg dit om Grysduif-geleenthede op ander plekke aan te bied, maar sal wag vir nuus van die universiteit voordat die beplanning begin.

Ons is baie trots op ons nuut ontwerpte Majuba Grysduif-kleredrag. Jou terugvoer is baie welkom om 100% seker te maak dat dit die moeite werd is om met hierdie plan voort te gaan. Voltooi asseblief die Microsoft-vorm in die volgende skakel: https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=Azv6pjwKWEKEM6Eg3_zTSFje_vJCRLhGoaC_s0P850FUMDJYSTZaSzJMSTVETjZVQkpaMEgxTUVVVi4u

This image has an empty alt attribute; its file name is DasResize-487x1024.png

Ons is ook besig om ons Argief op te dateer. Vul asseblief die volgende Microsoft-vorm in as jy enige Majuba-memorabilia het wat jy bereid is om aan die Argief te skenk: https://forms.office.com/Pages/DesignPage.aspx#FormId=Azv6pjwKWEKEM6Eg3_zTSFje_vJCRLhGoaC_s0P850FUOVZHSEtKN0tEWTc2MEhWRVY4NUxCTThaUC4u

In Maart vanjaar is die oud-Majubane Bond-komitee tydens die Grysduif Manneaand aangestel. Ek wil die volgende Majuba-alumni gelukwens wat in die komitee sal dien: Lampie Fick (Primarius 2018), Jean Dippenaar (Primarius 2007), Frik Landman (Primarius 1977 & 1978), Pierre van der Merwe (HK 1982), Ernst Gouws (HK 2003) en Werner van der Merwe (huidige Primarius). Die doel van hierdie komitee is om kommunikasie tussen die koshuis en die alumni glad te laat loop, veral die organisering van geleenthede.

Ek dien as die nuwe alumni HK-lid vir die termyn 2020/2021. As jy enige vrae, navrae of enige iets anders het wat jy oor Majuba wil weet, kontak my gerus per e-pos: 22543716@sun.ac.za

Witduif-groete,

Jean van der Walt