Skip to main content

Annamarie Bam

By April 14, 2020April 28th, 2020Uncategorized @af

Annamarie Bam het die BMus- en BMus(Hons)-grade aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf, onder die leiding van Harold Strebel in Kaapstad en Heinrich Armer in Bloemfontein. Sy is aangewys as die geheelwenner van die ATKV Forte-kompetisie, en die wenner van die Royal Schools of Music se buitelandse beurs. In Londen het sy verdere opleiding aan die Royal Academy voortgesit, onder John Davies, Richard Addison en Antony Pay, en ook meesterklasse onder Karl Leister in Londen en Guy Deplus in Nice bygewoon. Haar orkeservaring het reeds op ‘n vroeë ouderdom  in Bloemfontein begin, met deelname aan blaasorkeste, en as ad hoc-lid van die SUKOVS-orkes. Sy was vir vier jaar eerste klarinettis van die Suid-Afrikaanse Jeugorkes. Met haar terugkeer uit Londen het sy by die Natalse Filharmonie aangesluit. In 1992 het sy ‘n onderwyspos aan die Bloemfonteinse Musicon aanvaar, en weer by SUKOVS aangesluit. As ‘n ervare kamermusikus het sy saam met die ‘Taffanel Trio’, die ‘Poulenc Players’ sekstet, duo-uitvoerings met pianis Elna van der Merwe, en deel van ‘n trio met Elna van der Merwe en Sabina Mossolow, tydens die Stellenbosse Woordfees (2016, 2018), en in Sasolburg met die ‘Trio Classique’, ‘n ensemble met Benjamin van Eeden (klavier) en Karen Gaertner (altviool). Annamarie gee ook tuisonderrig, en aan die Johnman Musieksentrum in Stellenbosch.

Leave a Reply

Close Menu