Skip to main content

Nege jong Suid-Afrikaanse pianste sal as kandidate meeding in vanjaar se Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie, wat op Maandag 12 Maart begin, as deel van die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium. Die kompetisie is een van die belangrikste plaaslike geleenthede vir jong pianiste.

Dié kompetisie het sy oorsprong in 1984 gehad, met Virginia Fortesque, Bennie van Eeden en Cecilia Lourens as beoordelaars. Van die voorste Suid-Afrikaanse pianiste het hulle loopbane as finaliste in dié kompetisie begin. Onlangse wenners sluit pianiste is soos Louis Nel (2016), Roelof Temmingh (2014), Sulayman Human (2012).

Kompetisie-deelnemers sal op die eerste twee dae van die simposium – 12 en 13 Maart –  meeding vir de eerste vyf posisies. Hierdie vyf kandidate sal dan in die finale ronde, op Vrydag, 16 Maart, saam met die Kaapstadse Filharmonie, onder die leiding van Corvin Matei optree, elk met een deel uit ‘n klavierkonsert. Die nege finaliste vir 2018 finalists is Qden Blaauw (13) van Durbanville, Beate Boshoff (16) van Bethlehem, Daniel Brodie (18) van Oos-Londen, Leo Huan (14) van Pretoria, Gerhard Joubert (17) van Stellenbosch, Andrew Raney (16) van Johannesburg, Milano Reynecke (15) van Pretoria, Mike Wang (11) van Kaapstad, en Simon Wu (17), ook van Kaaapstad.

Vir die vorige wenner, Pretorianer Louis Nel (17), was die ontvangs van die eerste prys (in 2016) ‘n grootse oomblik in sy lewe.  “Ek was verras, want op 15 het ek gereken ek was te jonk en onervare.” Hy beskou as die interessantste deel van die kompetisie die voorbereidings saam met die USSO. “Dit was ook belangrik om die ander deelnemers te leer ken. Ek het baie geleer by die destydse Klaviersimposium.”

Louis het ‘n totaal van R22 000 as prysgeld ontvang, en geleetheid vir drie uitvoerings. Na aanleiding van sy klavieruitvoering in Wellington sê hy: “Die kompetisie het my ook geleer dat mens jouself nooit moet onderskat nie, en dit het my beslis gehelp om die peil van my spel te verbeter.” .

Vanjaar se simposiumprogram duur vanaf 14 tot 18 Maart by die Konservatorium, voorafgegaan deur die Hennie Joubert-kompetisie. het as hoofdoelwit diee bevordering van klavieronderrig en –voordrag. Die simposium, wat vir die eerste keer in 2006 gehou is, voorsien onderwysers, voordraers en studente van ‘n verhoog waarop kennis meegedeel en verbreed word, asook insae in opvoedkundige en voordraerskwessies van naderby ondersoek word. Die weeklange program bestaan uit uitvoerings, meesterklasse en ‘n reeks lesings, asook ‘n internasiionale klavierkompetisie.

Die gaskunstenaars – die Suid-Afrikaner Jan Hugo, die Israeli Aviram Reichert en die Russies-gebore Duitse pianis Jura Margulis – sal elk ‘n klavieruitvoering tydens die simposium lewer, en beide Reichert en Margulis sal ook meesterklasse aanbied.

Hugo sal musiek van Beethoven, Debussy en Liszt op Woensdag 14 Maart voordra, Reichert se konsert – op Donderdag 17 Maart – sluit werke van Brahms en Schubert in, en Margulis werke van Scarlatti, Tsjaikofski and Rachmanof op Saterdag 17 Maart.

  • Konsertkaartjies is beskikbaar by Computicket. Simposium-toegangsbewyse en die volledige simposiumprogram kan vanaf die webtuiste pianosymposium.co.za verkry word. Skakel asb. 021 808 2358 vir meer inligting.

Leave a Reply

Close Menu