Inleidende Sertifikaat in Musiekgeletterdheid

Minimum vereistes

  • Matrieksertifikaat 

  • Musiekervaring: Geen formele teoretiese of praktiese kennis word 
vereis nie.

Programduur:

  • Een jaar, deeltyds;
  • Vier ure se klasse per week (twee twee-uur klasse) wat saans aangebied word, en ‘n 45-min praktiese les per week.

Vir wie?

  • Gemeenskapsmusikante wat graag musiekgelettereheidsvaardighede wil bekom of verbeter;
  • Studente wat oor rudimentêre musiekgeletterdheidsvaardighede beskik en graag hulle musiekstudies wil voortsit.

Wat behels die Inleidende Sertifikaat in Musiekgeletterdheid?

  • Studente moet vir Musiekvaardighede (musiekteorie en gehooropleiding) en Praktiese Musiekstudie in enige van onderstaande instrumente inskryf.

Watter instrumente kan ek bestudeer?

Enige orkesinstrumente: stryk-, houtblaas-, koperblaas- en perkussie-instrumente; klavier, orrel, harp, blokfluit, kitaar, sang, dirigering en kerkmusiek.

Uitgangsvlak:

Prakties: Graad 4; Teorie: Graad 3

Gradering:

NKR Vlak 3

Navrae:

Programkoördineerder: 

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Voornemende studente navrae & toelatings:

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za

Oudisies vir Voor-Voorgraadse Programme

Ten einde vir enige van die voor-voorgraadse programme of sertifikaatprogramme aan die Musiekdepartement aansoek te doen, kan voornemende student ‘n e-pos aan fsmlesch@sun.ac.za of hierdie aansoekvorm voltooi.

Aansoekvorm

U sal na indiening van u aansoek deur die oudisiekoördineerder gekontak word.

Die skedulering van oudisies sal in oorleg met die oudisiekoördineerder geskied.

Oudisie-vereistes:

Praktiese Oudisie:

Die student moet 2 stukke van sy / haar eie keuse vir die praktiese oudisie voorberei. Die stukke moet kontrasterende style hê.  

Let asseblief daarop dat studente wat vir sang, ‘n orkesinstrument of dirigering aansoek doen, verkieslik hulle eie begeleiers vir die oudisie moet verskaf.

Teoretiese plasingstoets:

Aansoekers wat oor ‘n mate van musiekgeletterheid beskik, moet ook ‘n geskrewe teoretiese vaardigheidstoets as deel van die oudisie aflê.

Kontak:

Programkoördineerder: 

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za 

Voornemende studente navrae & toelatings:

Mev. Felicia Lesch Tel.: +27(21) 808 2349 E-pos: fsmlesch@sun.ac.za