Skip to main content

Roxane Steffen

By September 15, 2016August 24th, 2022Uncategorized @af

roxanesteffen@gmail.com

Roxane Steffen begin haar musiekonderrig in viool en blokfluit op die ouderdom van ses aan die Delft-musiekskool, Nederland. Op die ouderdom van agt begin sy met tjello en op 16 verander sy na kontrabas. Sy begin haar studies in dieselfde jaar aan die Rotterdam Konservatorium onder Hans Krul, hoofkontrabasspeler van die Rotterdamse Filharmoniese orkes.

Steffen voltooi haar studies in Rotterdam en ontvang in 1997 ʼn onderwysgraad. Hierna sit sy haar studies in orkes en solokontrabas voort onder Knut Guettler en Jean Paul Everts aan die Koninklike Konservatorium in Den Haag. In 1999 verwerf sy haar graad in uitvoering met lof, waarna sy haar eerste kontrak as tutti-kontrabas teken vir die Nederlandse Balletorkes in Amsterdam. Steffen kom in 2003 na Kaapstad om vir die jaar as onderleier-kontrabas in die Kaapse Filharmoniese orkes (KFO) te dien. In Januarie 2006 bedank sy uit haar pos in Nederland en keer terug na Kaapstad waar sy as hoofkontrabasspeler van die KFO aangestel is.

Steffen bedank in 2014 as voltydse kontrabasspeler by die KFO ten einde meer tyd aan die onderrig en afrig van jong musici in Kaapstad en aan die Universiteit Stellenbosch te spandeer, meer kamermusiek te speel en aan haar solorepertorium te werk. Sy verskyn steeds gereeld op die verhoog saam met die KFO as ekstra speler en is steeds betrokke by die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes. Roxane is ook ʼn gekwalifiseerde persoonlike fiksheids- en joga-instrukteur, en wy haar toe aan die opvoeding van jong musici oor die belangrikheid van fiksheid vir topprestasie as musikant.

Close Menu