Plattelandse Vennootskappe

Algemeen: Die Setifikaatprogramme se vennootskapsprogram is in 2008, in die Overberg, in antwoord op ‘n versoek van die Weskaapse departement van Kulturele Sake en Sport, ten einde die gebrek aan formele musiekopleiding in die area te bevorder. Dit is sedertdien uitgebrei om ook die Weskus, Mamre en o.m. Kleinmond in te sluit.

Handevat Musiekprojek

Algemeen: Dié projek is gerig op studente van Kleinmond en Hangklip, en bied klasse klasse, ensemble-werk en konserte. Praktiese musiekopleiding word aangebied deur onderwysers in die area, en deur assistente vanuit die gemeenskap. Die vennootskap met die Sertifikaatprogramme het in 2019 begin.

Die sosiale impak van Handevat is geleë in toegang tot werkswinkels, konserte en Sertifikaat-onderrigmateriaal.

Overberg Koperblaasontwikkelingsprojek (OKOSI)

Algemeen: Dié projek is begin deur Shaun Cloete van Genadendal, wat reeds in 1975 in die Genadendal Koperblaasorkes begin speel het. Sy belangstelling in die welsyn van die jeug van Genadendal en ander dorpe en gemeenskappe in die Overberg  was die aanporing vir die stigting van OKOSI – die Overberg Koperblaas-ontwikkelingsinisiatief.

Die sosiale impak behels toegang van skole soos  Emil Weder Hoërskool, LR Schmidt, Greyton, Riviersonderend en Teslaarsdal Primêre Skool. Heelparty van die leerlinge van die beginjare is tans in die hoërskool, en is steeds lede van die projek. Die projekleier, Shean Cloete, is ‘n oudstudent van di Sertifikaatprogram, en OKOSI-leerlinge neem deel aan uitvoerings en werkwinkels van die Sertifikaatprogramme.

youtube-logo-21

Liron Kunsteskool

Algemeen:  Dié skool was vroeër bekend as die Mamre Musiekskool, wat nou egter verskillende kunste behels. Dit is gestig deur ‘n vorige Sertifikaatstudent, Ash-Lee Louwskieter, en voorsien opleiding in musiek, kuns, dans en produksie.

Die sosiale impak het betrekking op die voorsiening van musiekopleiding in ‘n gemeenskap waar voorheen min of geen geleethede van dié aard betaan het nie. Dit het reeds gelei tot die stigting van ‘n Jazz-orkes. Die oud-Sertifikaatstudent – oorheen ‘n passer en draaier – het ingeskryf vir ‘n Sertifikaatprogram, en het daarna sy geletterdheidsvaardighede verder ontwikkel deur ‘n Diploma aan die Musiekdepartement van die US.

Facebook video-skakels:

“Bra Ash on the Move”:

Jazz Band (met plaaslike kunstenaars en besoekers uit Duitsland):

“Web Wednesdays during lockdown”: