Skip to main content

Shaun Moir

By May 11, 2020June 23rd, 2020Uncategorized @af

Shaun Moir het sy musiekstudies in Tuba in 1998 aan die Beau Soleil Musieksntrum onder die leiding van Pamela Kierman begin, en dit verder gevoer onder Sean Kierman by die Suid- Afrikaanse Musiekkollege. Alhoewel hy nie oorspronklik musiekstudies oorweeg het nie, het Shaun steeds musikaal betrokke gebly, en Tuba as keusevak behou.

Tans doseer hy tuba en eufonium as deel van die Universiteit van Stellenbosch se Sertifikaatprogram. Hy beklee ook ‘n pos by Westerford Hoërskool waar hy basinstrumente doseer en leier is van die Koperblaas-Konsertorkes. In sy vrye tyd is Shaun ‘n vryskut tubaspeler.

Shaun het in 2009 ‘n BSc honneursgraad in Omgewings- en Geografiese Wetenskap van die Universiteit van Kaapstad behaal, asook MSc op dieselfde gebied aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierbnewens het hy die ATCL- en LTCL-diplomas van die Londense Trinity College behaal. Hy is besig met die voltooiing van die BMus-honneursgraad aan die Musiekkollege, onder die leiding van William Haubrich en deur UNISA ‘n PGCE.

Leave a Reply

Close Menu