Skip to main content

Stellenbosch Simposium met pianiste vanoor die wêreld

By March 10, 2018March 13th, 2018Nuus

Die sewende Internasionale Klaviersimposium (Maandag 12 Maart tot Sondag 20 Maart) sal drie gevierde pianiste as gaste hê. Die tweejaarlikse Simposium, aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch by die Konservatorium, het as hoofdoelwit diee bevordering van klavieronderrig en –voordrag. Die simposium, wat vir die eerste keer in 2006 gehou is, voorsien onderwysers, voordraers en studente van ‘n verhoog waarop kennis meegedeel en verbreed word, asook insae in opvoedkundige en voordraerskwessies van naderby ondersoek word. Die weeklange program bestaan uit uitvoerings, meesterklasse en ‘n reeks lesings, asook ‘n internasiionale klavierkompetisie.

Die gaskunstenaars – die Suid-Afrikaner Jan Hugo, die Israeli Aviram Reichert en die Russies-gebore Duitse pianis Jura Margulis – sal elk ’n klavieruitvoering tydens die simposium lewer, en beide Reichert en Margulis sal ook meesterklasse aanbied.

Hugo (gebore 1991) het aan die Hochschule für Musik in Leipzig, Duitsland, en ook in Italië gestudeer. So onlangs as 2017 was hy ‘n semi-finalis in die Internasionale Liszt-klavierkompetisie in Utrecht deelgeneem. Vir sy Simposium-konsert op Woensdag 14 Maart sal Hugo werke van onder meer Beethoven, Debussy en Liszt uitvoer.

Reichert, wat reeds lof ingeoes het vir sy verbeeldingryke vertolkings, tegniese deeglikheid en klanksin, het reeds verskeie belangrike kompetisies in die Verre Ooste, Frankryk en Duitsland gewen, en is ‘n gereelde solis met orkeste in sy tuisland, Israel. Sy konsert – op Donderdag 17 Maart – sluit werke van Brahms en Schubert in.

In die finale konsert op Saterdag 19 Maart sal Margulis se program varieer tussen werke van Scarlatti, Tsjaikovski en Rachmaninof. Margulis is reeds internasionaal bekend vir sy treffende vertolkings en verbluffende virtuositeit.

Soos die gebruik is, sal die laaste aandprogram gewy wees aan die gewilde Klavier-Extravaganza, waartydens nie minder nie as tien pianiste gelyktydig op die Endlersaal-verhoog sal wees.

Die klavier-doyenne van die konservatorium, prof. Nina Schumann is geesdriftig oor die komende Simposium, en sy “… sien uit na die geleentheid waar onderwysers en studente verder insigte op hulle vakgebeid kan bekom, en kennis kan uitruil binne ‘n omgewing waar almal dieselfde passie het…”

Tydens vanjaar se simposium sa daar sowat 50 klavierstudente deelneem, tussen die ouderdomme van 11 en 28 jaar, sowel as sowat 50 waarnemers vanoor Suid-Afrika. Sommige studente sal ook tydens etensuurkonserte optree.

Die Simposium huisves vanjaar ook die tweejaarlikse Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie. Dié kompetisie het sy oorsprong in 1984 gehad, met Virginia Fortesque, Bennie van Eeden en Cecilia Lourens as beoordelaars. Van die voorste Suid-Afrikaanse pianiste het hulle loopbane as finaliste in dié kompetisie begin. Onlangse wenners sluit pianiste is soos Louis Nel (2016), Roelof Temmingh (2014), Sulayman Human (2012), en Grethe Nöthling (2000), wat ook ‘n lesing tydens die simposium sal lewer.

Kompetisie-deelnemers sal op die eerste twee dae van die simposium – 12 en 13 Maart –  meeding vir de eerste vyf posisies. Hierdie vyf kandidate sal dan in die finale ronde saam met die Kaapstadse Filharmonie, onder die leiding van Corvin Matei optree, elk met een deel uit ‘n klavierkonsert.

  • Konsertkaartjies is beskikbaar by Computicket. Simposium-toegangsbewyse en die volledige simposiumprogram kan vanaf die webtuiste pianosymposium.co.za verkry word. Skakel asb. ( 082 415 0228 vir meer inligting.

Leave a Reply

Close Menu