Skip to main content

Wesley de Villiers

By May 11, 2020Uncategorized @af

Wesley de Villiers het reeds as sesjarige die blokfluit gespeel, en vannaf oudedom tien ook orrel en klavier. Op skool (Wynberg Hoërskool) het hy musiek as vak geneem, en vanaf 2012 was hy ‘n ingeskrewe student vir die Universiteit van Stellenbosch se Sertifikaatprogram, waar hy die ontvanger was van die Karin Maritz-musiektoekenning. In 2014 het hy onderrig in musiekteorie by die satellietkampus van die Youngsfield Weermagbasis by Cheryl George ontvang het. Tydens sy studies by die horingdosent Sean Kierman het hy Musiekteorie-eksamens grade 7 en 8 (Unisa) met onderskeiding voltooi. Hy was lid van verskillende ensembles, insluitend nasionale Blaas- en simfonieorkeste, die Suid-Afrikaanse Weermagorkes, die UWK Blaasorkes en -Koperblaaskwintet, en die Kaapstadse Filharmoniese orkes.

Sedert 2015 was hy behulpsaam met studente-opleiding, en sedert  2019 Sertifikaat-dosent vir Musiekteorie, Musiekgeskiedenis en Analise. Gedurende die tyd het hy Diploma in Musiekteorie, die Diploma in Uitvoering (ATCL), en die Lisensiaat in Musiekvoordrag (LTCL) behaal.

Leave a Reply

Close Menu