Natuurwetenskappe

Vir meer inligting:

Fakulteitsadministrateur: Mnr Bevin Abels

Tel: +27 (0)21 808 9111

E-pos

Webwerf

Kyk ook die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek

Die Fakulteit Natuurwetenskappe bestaan sedert die vroegste dae van die Universiteit Stellenbosch. Oor die afgelope dekades het dit 'n nasionale en internasionale rolspeler in basiese e?n toegepaste navorsing geword. In die verskillende navorsingsvelde wat ondersoek word, streef die Fakulteit na 'n gesonde balans tussen basiese en toegepaste navorsing, wat in die behoeftes van die onmiddellike gemeenskap en die groter Suid-Afrika kan voldoen. Die Fakulteit is 'n voorstaander van multidissiplinêre samewerking op 'n nasionale en internasionale vlak wat verskillende vakke, fakulteite en velde insluit. Navorsing word ondersteun deur die verskeie sentra, fasiliteite en institute wat onder die vaandel van die agt departemente in die Fakulteit Natuurwetenskappe val. Navorsing word ook versterk deur die elf navorsingsleerstoele in die Fakulteit.

Die hoofnavorsingsrigtings word onder die spesifieke departemente genoem.

Sommige van ons voorgraadse programme kan 'n hoofvak uit 'n departement in 'n ander fakulteit insluit. Indien jy nagraads in so 'n vakrigting wil studeer, kontak asseblief die betrokke departement vir meer inligting. Raadpleeg gerus die oorsigtelike tabel by "Kwalifikasies en studierigtings" om die relevante departement te vind.