Afrika-instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS)

Vir meer inligting:

Tel: +27 (0)21 787 9320

Faks: +27 (0)21 787 9321

E-pos

Webwerf

Oor AIMS

AIMS is 'n Pan-Afrika netwerk van sentrums van uitnemendheid vir nagraadse opleiding en navorsing in wiskundige wetenskappe. Ons missie is om Afrika se belowendste studente in staat te stel om te kan floreer as onafhanklike denkers, pobleemoplossers en innoveerders wat in staat is om Afrika se toekomstige wetenskaplike, opvoedings en ekonomiese selfbeskikking te kan voortdryf. Die sentrum in Muizenberg is in 2003 gestig as 'n vennootskapsprojek tussen die Universiteite van Stellenbosch, Cambridge (VK), Oxford (VK), Paris-Sud (Frankryk), Kaapstad en die Wes-Kaap.

Dit deel 'n navorsingsleerstoel in Wiskundige en Teoretiese Fisiese Biowetenskappe met die Departement Wiskundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI).

MSc in Wiskundige Wetenskappe

Talentvolle studente vanuit die hele Afrika word vir hierdie program gekeur. Hulle ontvang volle finansiële steun om hierdie intensiewe gestruktureerde meestersgraadprogram te volg. Die kursuswerkmodules wat deur internasionaal erkende akademici aangebied word, word opgevolg met 'n navorsingsprojek.

Na suksesvolle voltooiing van hierdie eenjarige program, kan studente voortgaan met 'n navorsingsgebaseerde meestersgraad (of in uitsonderlike gevalle) 'n PhD in een van die dissiplines in Wiskundige Wetenskappe.

Vir meer inligting oor hierdie program, volg die skakel.