Fisiologiese Wetenskappe

Vir meer inligting:

HonsBSc: Dr Ben Loos

E-pos

Tel: +27 (0)21 808 9196

MSc en PhD: Prof Carine Smith

E-pos

Tel: +27 (0)21 808 4388

MSc in Oefeningwetenskap: Prof KH Myburgh

E-pos

Tel: +27 (0)21 808 3149

Webwerf

Nagraadse programme

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir nadere inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBSc in Fisiologiese Wetenskappe

MSc in Fisiologiese Wetenskappe

PhD in Fisiologiese Wetenskappe

DSc in Fisiologiese Wetenskappe

MSc in Oefeningwetenskap

Oor die Departement

Die Departement Fisiologiese Wetenskappe onderneem ondersoekende navorsing ten einde die gesondheidsuitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, beter te begryp. Ons het etlike navorsingsgroeperings ? met uitstekende hoofnavorsers aan die stuur ? wat 'n verskeidenheid van siektetoestande ondersoek. Die wêreldwye tendens in die biologiese wetenskappe om in multidissiplinêre spanverband te werk, word ook in ons nagraadse programme gevolg. Navorsing word in samewerking met talle internasionale navorsingsgenote gedoen.

Die Departement is gasheer vir die Navorsingsleerstoel in Geïntegreerde Skeletspierfisiologie, -biologie en -biotegnologie as deel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI).

Navorsingsrigtings

Kardiometaboliese siektes: Ons bestudeer die molekulêre organismes onderliggend tot die aanvang van diabetes en hartsiektes. Ons studies op mense poog om vas te stel watter onderliggende molekulêre veranderinge plaasvind met die aanvang van kardiometaboliese toestande, soos bv. binne die konteks van diabetes, akute miokardiale iskemie en in HIV-geïnfekteerde individue wat hoogs aktiewe antiretrovirale behandeling ontvang. Hierdie werk hou nou verband met laboratoriumstudies (waar sel- en dieremodelle gebruik word) om meganismes uit te lig wat onderliggend is tot die aanvang van insulienweerstandigheid/diabetes en die skakel met hartsiektes. 'n Hooffokusarea is om die negatiewe aanpassingseffekte van hiperglisemie op die hart te ondersoek, spesifiek in die konteks van iskemie-reperfusie. Parallel hiermee ontwikkel en toets ons ook nuwe terapeutiese middels wat hiperglisemie-geïnduseerde skade gedurende iskemie-reperfusie kan beperk.

Sellulêre en molekulêre fisiologie van spierweefsel: Ons navorsing oor die sellulêre en molekulêre aspekte van spierregenerasie na? besering, is gefokus op menslike spierselle, klein laboratoriumdiermodelle en selkulture, insluitend primêre spierspesifieke stamselle. Ons fokus tans op satellietselsamesmelting en op regenerasie van neuromuskulêre eindplate.

Oefeningfisiologie: Ons bestudeer akute en langtermynaanpassings by die mens in reaksie op vertraagde aanvang van spierseerheid, ongeag veranderinge in oefenprogramme of voedingstofinname. Die immuunsisteem is nou betrokke gedurende spierbesering en inflammasie, en ons probeer om die positiewe en negatiewe invloede van spesifieke immuunselle en van oksidatiewe stres hierop te verstaan. Die analise van oefeningaanpassings en spierbiopsies verbind hierdie veld van menslike lewenswetenskappe met die navorsingswerk van sellulêre en molekulêre fisioloë.

Siekte-seinoordragsisteme-Groep: Ons doen navorsing oor wyses waarop seldood plaasvind en spesifiek outofagie, en verskeie seinmeganismes betrokke in die ontwikkeling van kanker, kardiovaskulêre siektes, neurodegenerasie en epidemiologie en mataboliese sisteme.

Kankernavorsingsgroep: Die fokus van ons navorsing is om nuwe chemoterapiemiddels en ondersteunende behandelings te verken, gunstig vir die gebruik van laer konsentrasies van chemoterapie met minder newe-effekte op normale gesonde selle, terwyl bevredigende vlakke van kankerseldood steeds gehandhaaf word.

Neuronavorsingsgroep: Die Neuronavorsingsgroep kombineer selbiologie, selfisiologie, mikroskopie en biochemiese benaderings om die verhouding tussen proteïenafbreking deur makro-outofagie, en die vatbaarheid vir seldood in neurodegenerasie en breinkanker (gliomas) te ontleed en te ondersoek. Die laboratorium fokus op makro-outofagie (MO), begeleierbemiddelde outofagie (BBO), sellulêre metabolisme, mitokondriale morfologie en funksie, tubulin en vervoersisteme, die sitoskelet en ATP verbruik.'n Dinamiese perspektief op die sel se funksie en sy stresrespons is sentraal tot ons benadering en ons gebruik, bykomend tot standaard molekulêre toerusting, ook gesofistikeerde mikroskopiese tegnieke.

Kardio-Onkologie Navorsingsgroep: Ons navorsingsgroep fokus daarop om die newe-effekte van kankerchemoterapie op die hart te verstaan wat veroorsaak word deur 'n groep middels bekend as anthracyclines. Daar word dikwels na hierdie newe-effekte verwys as kardiotoksisiteit, 'n term wat letterlik beteken "toksies vir die hart". Ons bestudeer die molekulêre meganismes wat kardiotoksisiteit en die oorgang daarvan tot hartversaking beheer, deur gebruik te maak van beide in vitro, sowel as in vivo modelle om hierdie toestand te simuleer.

EpiMetS: Hierdie navorsingsgroep ondersoek primêr die verband tussen verstedeliking en die metaboliese sindroom, sowel as ander leefstylsiektes wat die risiko vir die ontwikkeling van kanker verhoog. Die fisiologiese prosesse wat aan die gang is gedurende verstedeliking, metaboliese endokrinologie, liggaamssamestelling en 'n verandering in voedingspatrone is sommige van die faktore wat ondersoek word.

Multidissiplinêre stresbiologie: Ons bestudeer beide korttermyn- en langtermyngevolge van stres, asook die aanpassing by stres deur die gebruik van 'n verskeidenheid van modelle wat wissel van die mens, tot knaagdiere en selkultuurmodelle. Studies kombineer die dissipline van fisiologie met ander soos psigiatrie, biochemie en selfs botanie. Spesifieke belangstellings sluit in die verweefde aard van die stresrespons- en immuunsisteme, sowel as tradisionele modaliteite van stresverligting.