Departement Wiskundige Wetenskappe: Afdeling Wiskunde

Vir meer inligting:

Tel: +27 21 808 3282

E-pos

Webwerf

Nagraadse programme

Om die programme se leerplanne te sien, volg die skakels hieronder. Vir meer inligting, kyk ons Jaarboek.

HonsBSc in Wiskunde met 'n keuse uit die volgende fokusse:

- Wiskunde

- Biowiskunde

MSc in Wiskunde

PhD in Wiskunde

DSc in Wiskunde

Oor die Afdeling Wiskunde

Hierdie afdeling is verantwoordelik vir onderrig en navorsing in suiwer Wiskunde. Dit is eerstens 'n navorsingsarea wat deur nuuskierigheid gedryf word, en ons navorsers word gemotiveer deur wiskundige verwikkeldheid, waaruit toepassings dan kan voortspruit.

Die afdeling huisves ook 'n navorsingsleerstoel van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel-inisiatief (SARChI) in Wiskundige en Teoretiese Fisiese Biowetenskappe in samewerking met AIMS (African Institute of Mathematical Sciences).

Navorsingsrigtings

Nagraadse studente werk saam met akademici op die volgende navorsingsterreine:

. Algebra

. Algebraïese getalleteorie en berekenkundige algebraïese geometrie

. Analise van algoritmes

. Funksionaalanalise

. Kategoriese algebra

. Kategorieteorie en dualiteit

. Kombinatorika

. Modelteorie

. Aftellingsprobleme (enumeration problems)

. Tralieteorie

. Wiskundige en teoretiese fisiese biowetenskappe