Drama
Die Departement bied 'n unieke stel professionele en akademiese programme vir nagraadse opleiding in Drama- en Teaterstudie aan. Al ons programme kan sowel praktiese as teoretiese komponente bevat en die opleiding is na keuse in Afrikaans en/of Engels. Die inhoud word spesifiek aangepas by elke student se eie belangstellings en behoeftes. 'n Verskeidenheid spesialiteitsterreine is beskikbaar.
Die magister- en doktorale programme is ook toeganklik vir persone met 'n teoretiese kennis in die drama of media, byvoorbeeld met grade in die letterkunde, kommunikasiekunde, of verbandhoudende kwalifikasies.