Sielkunde
Die Departement het hom verbind om deur sy onderrig, navorsing en dienslewering 'n bydrae te lewer tot die bevordering van die sielkundige welsyn van die mense in ons streek, land en vasteland. Gevolglik is daar in alle onderrigprogramme en navorsingsprojekte 'n sterk fokus op die psigososiale vraagstukke van Suid-Afrika en Afrika. Ons het ook internasionale samewerkingsooreenkomste met die Universiteit van Maastricht (Nederland), die Nasionale Universiteit van Mexiko (UNAM) en die Noorweegse Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Noorweë).