Oorsig van Kwalifikasies en Studierigtings

Die voorgraadse programme in Christelike teologie, kerklike bediening en leierskap gee toegang tot die nagraadse kwalifikasies hieronder. Kyk die Fakulteit se Jaarboek met leerplanne hier.

KWALIFIKASIE

VAKRIGTINGS AANGEBIED

DISSIPLINEGROEP EN AANBIEDING

NGDip (Teologie)

Nagraadse Diploma in Teologie

Eerste semester:

basiese oriëntering in -

- Ekklesiologie

- Missiologie

- Nuwe Testament

- Ou Testament

- Praktiese Teologie

- Sistematiese Teologie

Tweede semester:

Spesialisering in enige van bogenoemde en 'n navorsingswerkstuk.

Alle dissiplinegroepe.

Klasbywoning opsioneel. Navorsingswerkstuk.

NGDip (Teologie) (Christelike Bediending)

Nagraadse Diploma in Teologie in Christelike Bediening

Vier fokusareas:

- Erediens en kommunikasie

-Gemeentebediening en administrasie

- Jeugbediening

- Pastorale bediening

Alle dissiplinegroepe.

Gedoseerde program en leer deur ervaring.

Studente woon vier lesingblokke deur die loop van die jaar by die Fakulteit by.

Navorsingswerkstuk.

MDiv

Magister Divinitatis

Verskeie temas onder hooftemas:

- Kerk in die samelewing (pathos)

- Kerk - geskiedenis, sistematiese ekklesiologie, Bybel en erediens (logos)

- Dissipelskap, spiritualiteit en bedieningsvaardighede (ethos)

Alle dissiplinegroepe.

Klasbywoning verpligtend.

Kursuswerk en navorsingswerkstuk.

MTh (Algemeen)

Magister in die Teologie (Gestruktureerd)

Alle dissiplinegroepe:

- Ekklesiologie

- Missiologie

- Nuwe Testament

- Ou Testament

- Praktiese Teologie

- Sistematiese Teologie

Kursuswerk (120 krediete) en navorsingswerkstuk (60 krediete).

MTh (Kliniese Pastoraat)

Magister in die Teologie

- Sistematiese teologie (teodiseevraagstuk)

- Pastorale teologie

- Huweliks- en gesinsverryking

- Mediese etiek

- Pastoraat in psigiatriese konteks

- Hospitaalpastoraat

- Sielkunde

- Substansie-afhanklikheid

- Terminale sorg

- Pastorale gesprekvoering

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie.

Kursuswerk (120 krediete): Studente woon klas by en ontvang praktiese opleiding onder supervisie binne inrigtingsorg.

Navorsingswerkstuk (60 krediete).

MTh (Bedieningspraktyk)

Magister in die Teologie

Temas:

- Gemeente as kultuur

- Leierskap

- Missio Dei spiritualiteit

- Missionale leierskap en integrasie

- Ontwikkeling van geloofsgemeenskappe en publieke spiritualiteit

- Triniteit en identiteit

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie.

Kursuswerk (120 krediete): Studente kom ses keer in 'n termyn van twee jaar na die Fakulteit om twee week lange bloklesings by te woon.

Navorsingswerkstuk (60 krediete).

MTh (Jeugbediening)

Magister in die Teologie

- Moderne jeugproblematiek

- Kinderbediening

- Geloofsvorming

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie.

Kursuswerk (120 krediete): Studente kom ses keer in 'n termyn van twee jaar na die Fakulteit om twee week lange bloklesings by te woon.

Navorsingswerkstuk (60 krediete).

MTh (Algemeen)

Magister in die Teologie

Alle dissiplinegroepe:

- Ekklesiologie

- Missiologie

- Nuwe Testament

- Ou Testament

- Praktiese Teologie

- Sistematiese Teologie

Kursuswer (60 krediete) en tesis (120 krediete).

MTh (Kliniese Pastoraat - MIV Bediening en Berading)

Magister in die Teologie

(tesis)

- Algemene pastorale sorg

- Dogmatiese vraagstukke

- Groepwerk

- Huweliks- en gesinspastoralesorg

- Krisis- en traumaberading

- Pastorale berading

- Persoonlike en ontwikkelingspsigologie

- Teologiese etiek en 'n mediese konteks

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie.

Kursuswerk (90 krediete) en tesis (90 krediete).

Voltydse studie vir minstens een jaar OF deeltydse studie vir minstens twee jaar. Kliniese werk onder leiding twee dae per week; lesings twee dae per week.

Tesis oor kliniese pastoraat.

MTh (Gemeenskapsontwikkeling)

Magister in die Teologie

(tesis)

- Die Kerk se bestuur van die gemeenskapsontwikkelingsproses - leierskap

- Multikulturele en generasionele kommunikasie

- Prakties-teologiese sisteemanalise

- Sosiale diakonaat in die stedelike en arbeidsomgewing

- Teologiese perspektief op ontwikkeling: polities, ekonomies, sosiaal

- Waardestudies in ontwikkeling

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie.

Kursuswerk (90 krediete) en tesis (90 krediete).

Die program het ses modules wat deeltyds oor 'n twee jaar lange tydperk geneem word.

MTh (Prediking)

Magister in die Teologie

(tesis)

- Homilitiek en liturgiek

- Kommunikasie van die evangelie: prediking en pluraliteit

- Prakties-teologiese sisteemanalise

- Prediking en gemeente: preekevaluasie

- Prediking en moraliteitsvorming

- Triniteit en identiteit

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie.

Kursuswerk (90 krediete) en tesis (90 krediete).

Die program het ses modules wat deeltyds oor 'n twee jaar lange tydperk geneem word.

MTh (Jeugbediening)

Magister in die Teologie

(tesis)

- Navorsingsmetodologie (Jeugwerk)

- Jeugbediening as gespesialiseerde gemeentelike bediening

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie.

Kursuswerk (60 krediete) en tesis (120 krediete).

MPhil (Godsdiens en Kultuur)

Magister in die Wysbegeerte

Voorafgegaan deur:

PGDip (Teologie)

Nagraadse Diploma in Teologie vir studente in Godsdiens en Kultuur

Interdissiplinêre begrip van die verhouding tussen godsdiens, kultuur en antropologie.

Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie en Humboldt Universiteit, Duitsland.

Magister: Kursuswerk (80 krediete) en tesis (100 krediete).

Duur: Een of twee jaar.

NGDip (Teologie): Kursuswerk bestaande uit verskeie modules en 'n navorsingswerkstuk.

Duur: Een jaar.

PhD

Doktor in die Wysbegeerte

Alle dissiplinegroepe.

Navorsing en proefskrif.