Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Gegradueerdes van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch (US) is internasionaal bekend vir hulle etiese gesindheid, kultuur van omgee en hoëkwaliteitgesondheidsorg aan hulle kliënte, pasiënte en gemeenskappe.

Studente by Tygerberg-kampus waar die Fakulteit geleë is, geniet 'n omvattende studentgesentreerde ondersteuningstelsel wat onder andere bestaan uit student-gedrewe ondersteuningsinisiatiewe soos die Tutor-Mentorprogram, vak-spesifieke tutors en die ResEd- (Residensiële Onderrig) inisiatief. 'n Ervare span akademici en ondersteuningspersoneel is betrokke by die akademiese vordering en algemene welstand van al ons studente. Buiten bekwame onderrig in goed toegeruste fasiliteite, kry studente waardevolle praktiese ervaring deurdat hulle reeds vroeg in hul studieprogram ondervinding met pasiënte en gemeenskappe opdoen.

In 2002, het die Fakulteit die eerste landelike kliniese skool in Suid-Afrika gestig. Die Ukwanda Landelike Kliniese Skool, met sy hoofkwartier in Worcester en takke in Ceres, Robertson, Caledon, Hermanus, Upington en Swellendam, gee die FGGW-studente eerstehandse ervaring in die bepaling en behandeling van gesondheidsbehoeftes van die plattelandse gemeenskappe.

Toegang tot voorgraadse programme in beide geneeskunde en gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is onderworpe aan 'n gestruktureerde keuringsproses. Studentegetalle in die Gesondheidswetenskappe word beperk deur regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGSA) en die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV); die kapasiteit en begroting van die gesondheidsdienste en die Universiteit; asook die hoë eise van die programme, wat gewoonlik net suksesvol deurloop word deur kandidate wat bogemiddeld op skool presteer het.

Kyk aansoek en keuring vir instruksies oor hoe om aansoek om toelating te doen. Inligting oor toelatingsvereistes word onder elke program aangedui.

   Kennisgewing oor jou eie rekenaar op kampus

Eerstejaars kan hul eie skootrekenaars of tablette saam kampus toe te bring. Aan die begin van die jaar gebruik jy jou rekenaar om as student te registreer en in die loop van die jaar kry jy daarmee toegang tot klasnotas en potgooi-opnames van lesings.

   Kennisgewing aan aansoekers wat t?ans ingeskrewe Universiteit Stellenbosch-studente is

Aansoekers in die kategorie van 'Ingeskrewe Stellenbosch-studente' (MBChB) of 'Ingeskrewe studente' (alle ander programme) wat tans ingeskrewe studente aan die US is en aansoek wil doen om toelating tot voorgraadse programme in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, volg nie dieselfde aanlyn aansoekproses as aansoekers in die kategorie 'Huidige leerders (graad 12) en gematrikuleerdes', of in die kategorie 'Aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring' nie.

Kry 'n aansoekvorm vir huidige geregistreerde US-studente hier. Vir meer inligting, kontak gerus die betrokke Keuringsbeampte onder "Navrae" hieronder.

   Kennisgewing aan aansoekers met tersiêre kwalifikasies en/of werkservaring

Aansoekers om toelating vir die voorgraadse programme aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe in die kategorie 'Aansoekers met naskoolse kwalifikasies en/of beroepservaring', moet tesame met die vereiste dokumente in die aansoekproses, 'n motiveringsbrief voorsien.

Kry die dekbrief vir die motiveringbrief hier. Vir meer inligting, kontak gerus die betrokke Keuringsbeampte onder "Navrae" hieronder.

   Fakulteit Geneeskunde en? Gesondheidswetenskappe se keuringsriglyne

Die Fakulteit se keuringsriglyne vir elke program is hier beskikbaar en ook onder die programme.

   Nav?r?ae

Aansoeke om to?elating

Kontak- en Kliëntedienssentrum

Tel: 021 808 9111

E-pos

Webwerf

Voorgraadse Keurings- en Werwingskantoor (Tygerberg-kampus)

Tel: 021 938 9203 / 9533 / 9580

E-pos

Fakulteitsbeampte (Stellenbosch-kampus)

Zenda Jansen

Tel: 021 808 4842

E-pos