AvOL Program
Abstrakte

Welkom

Welkom by die amptelike webblad van die sewende jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie (AvOL).

Hierdie is 'n interne konferensie wat vir Universiteit Stellenbosch akademici aangebied word.

Die doel van die konferensie is om alle aspekte van onderrig en leer aan die Universiteit Stellenbosch aan te spreek in 'n oop, ondersteunende en intellektueel stimulerende omgewing.

'n Platform word geskep waar akademici

Akademici van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte in te dien oor hul onderrig, klasgee-ervarings en verkenning van die akademieskap van onderrig en leer.

Die konferensieplatform sal gedeel word met sprekers van aansien op die terrein van universiteitsonderwys.

Die konferensie skep ook 'n geleentheid vir ontvangers van toekennings deur die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (FINLO) om hulle innoverende onderrig en navorsing oor onderrig ten toon te stel.

Die konferensie word afgesluit met 'n feestelike funksie waartydens verskeie toekennings gemaak sal word, waaronder 'n toekenning vir die beste aanbieding. Hierdie toekenning word beoordeel deur 'n paneel en die prys is 'n reis na 'n internasionale konferensie oor leer en onderrig.

Die jaarlikse konferensie word beinvloed deur - en het die potensiaal vir die verryking van - 'n verskeidenheid onderrig- en leerverwante debatte wat tans by die Universiteit gevoer word. Daar word gehoop dat die 2014 konferensieverrigtinge 'n betekennisvolle bydrae sal lewer ten einde sommige van hierdie debatte vorentoe te neem.