Home

Kliek hier vir die program van die Konferensie

ABSTRAKBOEK

Fotos: Pre-Konferensie werkswinkels

Foto’s van die Stellenbosch Sentrum vir Fotografiese Dienste:  Pre-Konferensie werkswinkels (kliek hier)

Fotos: Dag 1 AvOL Konferensie 2015

Fotos: Dag 2 AvOL Konferensie 2015

Foto’s van die Stellenbosch Sentrum vir Fotografiese Dienste:  Dag 1 en 2 (kliek hier)

Foto’s van die Stellenbosch Sentrum vir Fotografiese Dienste:  prysuitdeling en funksie (kliek hier)

 

Nuut:

Welkom by die amptelike webblad van die agste jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer Konferensie (AvOL).

Hierdie geleentheid is ‘n interne konferensie wat vir Universiteit Stellenbosch akademici aangebied word.

Die doel van die konferensie is om alle aspekte van onderrig en leer aan die Universiteit Stellenbosch aan te spreek in ‘n oop, ondersteunende en intellektueel stimulerende omgewing.

‘n Platform word geskep waar akademici

  • hul beste praktyk, navorsingsresultate en innoverende idees oor onderrig en leer kan deel;
  • oor onderrig- en leermetodes, tendense en doelwitte binne die huidige konteks; en
  • onderrig en leer kan debatteer en reflekteer.

Akademici van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte in te dien oor hul onderrig, klasgee-ervarings en verkenning van die akademieskap van onderrig en leer.

Die konferensieplatform sal gedeel word met sprekers van aansien op die terrein van universiteitsonderwys.

Die konferensie skep ook ‘n geleentheid vir ontvangers van toekennings deur die Fonds vir Innovasie en Navorsing oor Leer en Onderrig (FINLO) om hulle innoverende onderrig en navorsing oor onderrig ten toon te stel.

Die konferensie word afgesluit met ‘n feestelike funksie waartydens verskeie toekennings gemaak sal word, waaronder ‘n toekenning vir die beste aanbieding. Hierdie toekenning word beoordeel deur ‘n paneel en die prys is ‘n reis na ‘n internasionale konferensie oor leer en onderrig.

Die jaarlikse konferensie word beïnvloed deur – en het die potensiaal vir die verryking van – ‘n verskeidenheid onderrig- en leerverwante debatte wat tans by die Universiteit gevoer word. Daar word gehoop dat die 2015 konferensieverrigtinge ‘n betekenisvolle bydrae sal lewer ten einde sommige van hierdie debatte te bevorder.

sotlfooter20151
As academic professionals, we value participation in scholarship, not because it is required or expected of us, but because it is a vital part of how we come to understand our world.
Jeffrey L. Buller, 2015. Change Leadership in Higher Education: A Practical Guide to Academic Transformation.