Overview

Doel van die konferensie

  • om aan US dosente die geleentheid te bied om beste praktyke, navorsingsresultate en innoverende idees rondom onderrig en leer in voor- en nagraadse modules te deel;
  • om ‘n forum te skep vir refleksie en debat oor onderrig- en leermetodes, tendense en doelwitte binne die huidige konteks;
  • om geleenthede te skep ter viering van onderrig en leer.

Wie dit behoort by te woon

Hierdie konferensie word gereĆ«l vir Universiteit Stellenbosch-akademici met ‘n belangstelling in onderrig en leer op beide voorgraadse en nagraadse vlakke.

Toekennings

Abstrakte sal deur ‘n paneel van akademici van die US beoordeel word en op ‘n kortlys vir moontlike pryswenners geplaas word. Beoordelaars sal die kortlysaanbiedings tydens die konferensie bywoon en ‘n toekenning sal aan die beste aanbieding gemaak word na aanleiding van die oorspronklikheid en wetenskaplikheid daarvan en die gehalte van die voordrag.

Die algehele wenner sal ‘n toekenning ontvang om aan ‘n oorsese konferensie oor leer en onderrig deel te neem.

sotlfooter20151
As academic professionals, we value participation in scholarship, not because it is required or expected of us, but because it is a vital part of how we come to understand our world.
Jeffrey L. Buller, 2015. Change Leadership in Higher Education: A Practical Guide to Academic Transformation.