Abstrakte

AVOL Konferensie 2016:  Abstrakboek:  Kliek hier.

Geen abstrakte kan meer ingedien word nie.

Kliek hier om u abstrak in te dien (sien stappe om te volg en verdere inligting onder):
(Navrae:  sotl@sun.ac.za)

Om ‘n abstrak (contribution) in te dien (registreer eers as “user”):
1. Gaan na https://www.conftool.net/sotl2016/
2. Teken aan.
3. Kliek op Your Submissions.
4. Kies tussen Research based of Practice based paper.
5. Voltooi die nodige inligting.
6. Kliek op
7. Kliek op Complete submission.
8. Skerm sal verskyn wat besondere wys.
9. U sal ‘n e-pos ontvang wat die indiening van die abstrak bevestig.

Algemene inligting
Personeellede van die Universiteit Stellenbosch word genooi om abstrakte in te dien rondom aspekte van hoër onderwys, d.i. voorgraadse en nagraadse onderrig asook voortgesette professionele ontwikkeling.

U kan dit oorweeg om u ervarings te kom deel ten opsigte van ‘n nuwe of innoverende aspek wat u in u onderrig- of assesseringspraktyk probeer het. Het dit gewerk of nie? Miskien het u ‘n grootskaalse behoeftebepaling gedoen wat verwant is aan u onderrig of u het op iets interessants afgekom tydens die ontleding van die resultate van u studente se assesserings. Het u navorsing gedoen oor u onderrig of assessering? Het u ‘n paar gedagtes wat u wil deel of miskien beplan u iets nuuts?

Kom en deel u passie, u nuus en u resultate met ons in ‘n aanbieding, as deel van ‘n paneel of deur middel van ‘n plakkaat sodat ons almal saam kan leer ten einde onderrig aan die US so goed moontlik te maak.

Skryf van die abstrak
Kliek  op hierdie skakel om ‘n document te lees Creating a research space (CARS model) wat dalk van hulp kan wees met die skryf van die abstrak.  Dit bevat moontlike stappe om te volg wanneer navorsing in onderrig gedoen word.  Die SOL Adviseur in jou fakulteit is ook beskikbaar vir ondersteuning met die skryf van jou abstrak.

Lengte: Minimum 220 woorde en maksimum 250 woorde

Strome:

  • Akademiese geletterdhede
  • Assessering en terugvoer
  • Evaluering
  • Fokus op eerstejaars
  • Eienskappe van die gegradueerde
  • Vernuwende onderrig
  • Mentorskap en tutorskap
  • Nagraadse onderrig
  • Refleksie
  • Sosiale geregtigheid in onderrig en leer
  • Sosiale impak
  • Faktore van studentesukses
  • Tegnologie in onderrig
  • Transformasie van die kurrikulum

Kriteria vir twee hoofstrome opsommings:

Navorsing-gebaseer

Praktyk-gebaseer

Agtergrond, beweegrede, doelwit Agtergrond, konteks, doelwit
Teoretiese raamwerk en literatuuroorsig Verbande met soorgelyke werk
Navorsingsvraag of –vrae Besondere belangstelling of fokus van die aanbieding
Metodologie Beskrywing van die werk wat gedoen is
Bevindings of gevolgtrekkings uit bevindings Slotsom
Implikasies: Hoe die werk tot die vakgebied bydra, tersaaklikheid vir ander kontekste, ander gebiede vir verdere navorsing Implikasies: Die boodskap om saam te dra, bv. wat in ‘n ander konteks toepaslik of nuttig kan wees of ander gebiede vir verdere ondersoek of navorsing aandui
Die oorspronklikheid of belang van die navorsing Die waarde vir medepraktisyns


Navrae:
sotl@sun.ac.za