Hoofsprekers

TITEL VAN DIE HOOFSPREKER SE REFERAAT: Herbesinning oor die kurrikulum: ‘n Transformerende hervormingstrategie vir Suid-Afrikaanse hoër onderwys

Alhoewel daar oor die wêreld heen vinnige ontwikkeling van hoër onderwys was, het dit nie tot meer regverdige hoër onderwys gelei nie. Deur van Fraser se definisie van geregtigheid as ‘gelykheid van deelname’ gebruik te maak, word regverdigheid in hoër onderwys as beide regverdigheid van toegang en uitkomstes gekonseptualiseer. Die spanning tussen ontwikkeling en regverdigheid word geïllustreer deur Suid-Afrika se uitdagings ten opsigte van regverdigheid met dié van Brasilië en die Verenigde State te vergelyk. Met sy fokus op Suid-Afrika se kritieke keuses bied die referaat vier scenario’s of moontlike toekomste om enkele van die kompromieë en strategiese keuses te illustreer. Die hoofargument is dat, indien Suid-Afrika se hoëronderwysstelsel voortgaan om uit te brei sonder ʼn gepaardgaande investering in die doeltreffendheid van onderrig en leer, dit nie die beleidsdoelwitte van regverdigheid van toegang en uitkomstes sal bereik nie. Daarbenewens moet die investering strategies gerig wees op intervensies wat ʼn katalitiese uitwerking het en wat dien as sistemiese hefbome van verandering wat tot ʼn laer uitsakkoers en ʼn beter gradueringskoers lei. Hierdie referaat voer dus aan dat die staat oor die volgende dekade voorkeur moet verleen aan ʼn belegging in ʼn voorgraadse kurrikulum wat meer geskik is vir sy doel. In die finale afdeling word ʼn voorstel gemaak vir hoe hierdie opvoedingsinvestering op institusionele vlak daar sal uitsien. Fraser se begrip van ‘herbesinning’ word gebruik om ʼn transformerende hervormingstrategie vir die kurrikulum voor te stel.

02092013 *UCT* A/Prof Suellen Shay, Dean of CHED Photo: Michael Hammond.
Suellen Shay is medeprofessor en dekaan in die Sentrum vir Hoëronderwysontwikkeling aan die Universiteit van Kaapstad, Suid-Afrika. Haar loopbaan sluit ’n verskeidenheid hoëronderwysontwikkelingswerk in, waaronder taal-, kurrikulum-, personeel- en institusionele ontwikkeling.

Haar navorsing gebruik die teoretiese raamwerke van die sosiologie van onderwys om die hoër onderwys te verstaan, met ’n bepaalde klem op assessering en, meer onlangs, op kennis en kurrikulums. Haar onlangse werk oor kurrikulums sluit in die ontwikkeling van konseptuele raamwerke vir kurrikulumdifferensiasie uit ’n kennisoogpunt. Hierdie belangstelling het in 2010 by haar ontstaan toe sy as konsultant gedien het vir ’n SANTED-gefinansierde navorsing-en-ontwikkelingsprojek vir omvattende universiteite.

Sy het in 2014 befondsing van die onderrigontwikkelingsfonds van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding ontvang vir ’n nasionale navorsing-en-ontwikkelingsprojek oor die buigsame kurrikulum. Sy was redakteur van ’n spesiale uitgawe van Teaching in Higher Education oor kurrikulum as strydpunt, wat in Mei 2016 verskyn. Haar huidige navorsingsprojek handel oor die begrip van die verskillende ‘dryfvere’ agter kurrikulumhervormingsbeleid in die globale hoëronderwyslandskap.

Haar mees onlangse publikasies sluit die volgende in:

Shay, S. (2016) Curriculum at the Boundaries. Higher Education, 71(3), x-y.
Shay, S., Peseta, T. (2016). Editorial: A Socially Just Curriculum Reform Agenda. Teaching in Higher Education, 21(4), 361-366.
Shay, S. (2015) Curriculum reform in higher education: a contested space. Teaching in Higher Education, 20(4), 431–441.
Maton, K., Hood, S., Shay, S. (2015) (reds.) Knowledge-building: Educational Studies in Legitimation Code Theory. Routledge.
Shay, S. & Steyn (2015) Enabling knowledge progression in vocational curricula: Design as a case study. In Maton, K., Hood, S., Shay, S. (reds.) Knowledge-building: Educational Studies in Legitimation Code Theory. Routledge.
Shay, S. 2014 Curriculum in Higher Education: Beyond False Choices. In Thinking about Higher Education, reds. Gibbs, P & Barnett, R. Hoofstuk 10, p. 141-157. Springer.
Shay, S. (2013) Conceptualizing curriculum differentiation in higher education: a sociology of knowledge point of view. British Journal of Sociology of Education, 34,4, p. 563-582.


TITEL VAN HOOFSPREKER SE REFERAAT: Herbesin die kurrikulum (weer): kyk ons iets mis?

Die beleidsrede beskou die besorgdheid oor die kurrikulum in hoër onderwys wat deur die #must fall-bewegings ter sprake gebring is, in historiese perspektief. Dit verbind sigself op kritiese wyse met die poging wat tans aan die gang is om kurrikulum te hersien en doen enkele moontlike benaderings aan die hand om die hoëronderwyskurrikulum op ʼn radikale wyse te hersien.

UntitledDr Lis Lange is die viserektor van akademie aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy ook voorheen die substantiewe amp van senior direkteur in die Direktoraat Institusionele Navorsing en Akademiese Beplanning beklee het.

Sy was van 2006 tot 2010 uitvoerende direkteur van die Raad op Hoër Onderwys se Komitee oor Hoëronderwysgehalte, en waarnemende uitvoerende hoof van dieselfde organisasie tussen Augustus 2007 en April 2008. Sy is reeds die afgelope dekade en ’n half betrokke by die ontwikkeling en inwerkingstelling van wetenskap-en-tegnologie- en hoëronderwysbeleid in Suid-Afrika in verskillende hoedanighede in die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die Nasionale Navorsingstigting en die Raad op Hoër Onderwys.

Dr Lange was lid van die direksie van die Internasionale Netwerk van Gehalteversekeringsagentskappe in Hoër Onderwys (INQAAHE) en het al aan verskeie internasionale inisiatiewe oor gehalteversekering deelgeneem. Sy is die redakteur van die akademiese tydskrif Acta Academica, wat op die geesteswetenskappe konsentreer. Haar navorsing en publikasies handel oor geskiedenis, hoër onderwys en gehalteversekering. Die hooffokus in sowel haar navorsing as praktyk is die rol van hoër onderwys in die ontwikkeling van demokratiese samelewings wat op maatskaplike geregtigheid berus.

Dr Lange het in Argentinië, Meksiko en Suid-Afrika studeer en het haar PhD in Suid-Afrikaanse geskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf.

 

 

sotlfooter20151
As academic professionals, we value participation in scholarship, not because it is required or expected of us, but because it is a vital part of how we come to understand our world.
Jeffrey L. Buller, 2015. Change Leadership in Higher Education: A Practical Guide to Academic Transformation.